advertisement
Question
Posted by: Rens | 2008/06/19

Grond en minerale

Mens hoor dikwels dat daar beweer word dat die grond waarin groente groei uitgeput is van minerale en dat groente min daarvan bevat en dat mens daarom moet aanvullings gebruik. Is dit wetenskaplik bewys dat die grond uitgeput is?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rens
Dit is wel wetenskaplik bewys in baie dele van die wêreld dat die grond uitgeput raak van minerale en stikstof as dit oor en oor bewerk word. Dit is dan ook een van die redes hoekom boere kunsmis gebruik om hierdie gebreke te probeer aanvul. Aangesien daar wel van kunsmis gebruik gemaak word, is die algemene skaarste van minerale in die grond en in groente/vrugte/grane wat daarop gekweek word, nie juis 'n probleem nie. Oorbewerking van die grond kan egter in sekere streke gebreke veroorsaak en dan is dit ook bekend dat sekere minerale in sekere streke uit die staanspoor ontbreek, bv dele waar die ysterinhoud van die grond baie laag is, ens. Die beste manier om hierdie probleem te hanteer is om 'n verskeidenheid groente en vrugte te eet. Die gebruik van mineraalaanvullings, behalwe kalsiumaanvullings, is dus nie eintlik nodig nie. Kalsiumaanvullings is nodig omdat die publiek oor die algemeen nie genoeg voedsels inneem wat ryk is aan kalsium (melk en suiwelprodukte).
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement