advertisement
Question
Posted by: Rieks | 2009/01/12

Gout en Yster tekort

Hallo DietDoc

My man (36) het ' n groot gout probleem, hy kry dit erg in sy enkels en kan dan skaars loop. Ek weet daar is chemiese middels wat help, maar ek wil dit graag so natuurlik as moontlik met sy dieet probeer regstel, so as daar enige voedselprodukte is wat hy moet uitsny of meer van eet sal ek dit waardeer indien u vir my kan laat weet. Hy het ook ' n urinebuis vernouiing wat al die afgelope 10 jaar vyfkeer onder operasie deur ' n uroloog herstel is, maar dit hou net vir ' n paar maande dan is dit asof die pypie weer toegroei en hy weer probleme ondervind om urineer. As gevolg van hierdie probleem drink hy nie baie vloeistowwe nie omdat dit so moeilik is om te urineer. So dit is eintlik ' n hele sneeubal effek.

Ek daarenteen (33) het weer ' n yster tekort, ek is ' n gereelde bloedskenker en het drie jaar gelede die yster te kort ontwikkel, ek is ingespuit daarvoor en dit het gehelp, maar toe ek ' n week terug wou bloedskenk is ek weggewys aangesien my yster te laag was, ek is gereeld lighoofdig, veral soggens as ek opstaan, en as dit baie warm is en ek rond beweeg, ek besef dat my en my man se dieet seker nie dieselfde sal wees met ons verskillende omstandighede nie en dus aanpasssings sal moet maak.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rieks
Jy is korrek dat jy en jou man baie uiteenlopende diëte sal moet volg. Wat jou man se toestand met die jig aanbetref, is dit essensieel dat hy alle kosse soos rooi vleis, lewer, nietjies, ansjovis, oesters, vleisekstrakte, Marmite, en alle alkohol moet vermy. Dit sal help om die artikel oor jig wat ek geskryf het, te lees deur op 'Diet' bo aan hierdie bladsy te kliek en op 'DietDoc's articles' en dan op artikel 92 (Dietary guidelines for gout). Ek sal sterk aanraai dat hy weer die uroloog spreek oor sy ureter verstopping want dit is uiters noodsaaklik dat hy vir die jig en sy algemene gesondheid genoeg vloeistof sal inneem andersins sal die toestand nooit verbeter nie. Volwassenes het ten minste 2,5 liter vloeistof per dag nodig om dehidrasie te voorkom.
Jy aan die ander kant, moet weer kosse wat ryk is aan yster eet: rooi vleis, lewer, vis, eiergeel, yster-verrykte ontbytgrane en droë vrugte. As jy so lighoofdig voel, dink ek dit is noodsaaklik om weer by die dr ysterinspuitings te kry want dit klink vir my dat jou ystergebrek taamlik ernstig is.
Ek hoop dat jy en jou man albei sal begin beter voel.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Daleen | 2009/06/03

hoofpyn lighoofdigheid soms naar wat verdwyn voel net heeldag sleg

Reply to Daleen
Posted by: Jo | 2009/01/13

Hello Rieks
Ek het ongeveer op die selfde ouderdom as jou man jig gekry. (1973)
Op my troudag moes ek ' n inspuiting kry om regop te kon staan. Die jig was hoofsaaklik in my groottone en hakke.
Pille het ek by die hope gedrink. Wat ek deesdae doen is, om gedistileerde water (baie skoon water) te drink. (ek is gelukkig dat ons die dist. water by die werk het) Jou man het ander probleme, maar ek drink so ongeveer tot 10 liter/dag as ek ' n aanval kry, totdat die pyn weggaan.
Ek eet enige iets en drink ongeveer 3 glase rooi wyn saans.
2009 word ek 60 en wil beslis nie my rooi vleis en rooi wyn opgee nie. As hy daarvan kan wegbly is dit goed.
Ek het jig nou al op baie plekke gehad. in my oog, oor, vinger,elemboog, knie ens.
Sterkte vir jou man hoop dit gaan beter word, soos myne.
Groete

Reply to Jo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement