advertisement
Question
Posted by: Grietjie | 2007/08/08

Gordelroos

Hi Doc
My seun 19 het gordelroos. Hy gebruik Acnetane en Phedra Cut van USN kan dit veroorsaak dat sy gestel sa afgetakel geraak het dat hy vatbaar is vir die soort siekte, hy het deesdae ook gedurig verkoue en dis al asof sy hele gestel AF is. 'n Ander vraag as hy Acnetane drink, mag hy nie in die son gaan nie, sluit dit sonbeddens ook in?
Groetnis

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Grietjie
Ja sonbeddens is uit vir hom - as hy wil bruin wees moet hy maar Quicktan probeer! Sy gestel kan af wees van te hard of te veel oefen en verkeerd eet - hulle konsentreer baiekeer op die proteiene en skeep groente en vrugte af. Laat hy 'n immuunbooster probeer, of iets soos Echinacea - vra jou apteker.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Rina | 2007/08/10

Grietjie, ek kan jou voorstel aan 'n kompleet natuurlike produk (room) wat ongelooflik baie sal help vir die ekseem en dis nie eers baie duur nie. Dit bevat die kruie Centella Asiatica en Tea Tree Oil.
Ja, ek stem saam met JP, wanneer die immuunstelsel afgetakel is en wanneer daar baie stres is, kan gordelroos uitslaan en ook vererger.
Kontak my gerus, dan gesels ons oor die produkte.

Reply to Rina
Posted by: JP | 2007/08/08

Ek relate goed want ek het ondervinding van bogenoemde.
Ek neem aan Acnetane is die generies vir Roaccutane...
Mens kan is die son kom, naam dit is nie aanbeveelbaar nie, omdat sonbrand en pigmentering makliker plaasvind. Aangesien ek 'n jong man daai tyd was en rugby gespeel ens, het ek my nie veel gesteur aan al die moets en moenies nie, en ek het fine anderkant uitgekom... Dink ek.

Ekt sopas gordelroos gehad, en is steeds besig om aan te sterk. Eerste van alles, dis REGTIG pynvol.
Indien die dokter nie verduidelik het nie, kan jy op die site ook lees, hulle verduidelik dit goed.
Sy gestel kon afgewees het van eintlik enige ding, maar stres kan dalk die hoof oorsaak wees. Harpes Zoster virus kom vat binne af en kan die ligaam enige tyd aanval, maar is ongewoon dat hy sooo jonk die siekte opgedoen het. Gewoonlik slaan die waterpokkies virus eers heelwat later in mens se lewe terug met gordelroos.

Sjoe, dit wat 'n mond vol...

Reply to JP

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement