advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2007/12/06

Ginikoloog Kostes

Ons probeer nou al vir 7 maande vir 'n baba.Na hoe lank behoort 'n mens 'n ginikoloog te gaan sien indien daar nog niks gebeur het nie?Wat is die kostes en wat se toetse sal die ginikoloog doen om te kyk of alles reg is met my?Ek was verlede jaar vir 'n papsmeer en alles was reg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

You should try for a year before it is necessary t see someone, unless there is an obvious problem, such as irregular periods. The tests done will include blood tests for ovulation. a sperm test on your partner and tests to check if your tubes are open. This usually costs several thousand rand.

Bedst wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Milly | 2008/02/27

Hi, ek wil graag weet. Ek is nou al meer as 'n jaar al van die pil af, en ek wil graag swanger word , maar niks gebeur nie. Iets wat ek moet doen.

Ek raak nou al 30.

Laat weet asb.
Dankie

Reply to Milly
Posted by: Carine | 2008/02/26

Ek wil net graag weet. Ons probeer nou vir 3 maande vir 'n baba. Ek weet mens moet geduldig wees, my vraag is egter as my mentruasie siklus altyd 28 dae was presies en op tyd en hierdie maand is dit 25 dae moet dit vir my iets beteken? En hoekom sal dit gebeur?
Groete

Reply to Carine
Posted by: VLOOI | 2008/01/30

'N MAAND NA MY SWANGERSKAP HET EK 'N PAPSMEER LAAT DOEN. DIE SUSTER HET MY LAAT WEER IETS IS NIE REG IN DIE TOETS NIE EK MOET WEER TERUG KOM, DIT KAN MISKIEN KANKER WEES. HET EK ENIGE REDE OM TE BEKOMMER EK HET ONLANGS 'N BABA GEHAD.

Reply to VLOOI
Posted by: Nadia | 2007/12/07

Baie dankie vir die nuttige inligting Loretta.Sal jou raad beslis volg en voel sommer baie meer ontspanne.Hoop ook vir 'n vinnige boeppie!Lekker dag

Reply to Nadia
Posted by: Loretta | 2007/12/06

Hi Nadia

Wees geduldig vir eers dit kan 'n jaar vat om swanger te raak. Indien jy na 'n jaar nog nie swanger is nie sal die ginekoloog kyk na jou siklus en of jy wel ovuleer.

Jy kan dalk al self dit begin monitor. Jy werk dit uit vanaf die 1ste dag vanaf jou menstruasie wat jy dan tel as dag 1. Tel dan vir jou lank is jou siklus met ander woorde as jy die 1ste Desember begin het en jy begin weer die 29ste Desember beteken dit jou siklus was 28 dae.

Merk dit so op 'n kalender vir 3 maande om te kyk of dit wissel.

Dan ovuleer 'n vrou gewoonlik in die middel van haar siklus - so sou jy dan 'n 28 dae siklus he beteken dit jy is op jou vrugbaarste op dag 14.

Die Ginekoloog sal jou dan aanmoedig om elke 2de dag seks te he vanaf dag 12 to 16 van jou siklus. Party mense voel al van dag 10 af om veilig te wees.

Onthou ook dat wanneer jy beplan om swanger te raak dat jy so 3 maande voor die tyd al begin om folic acid te neem. Dit is 'n vitamine wat by alle apteke beskikbaar is en sal jou baba se kanse op spina bifade aansienlik verklein.

Sou jy dan nog nie swanger raak na omtrent nog 6 maande nie sal die dokter miskien aanbeveel om jou man te laat gaan vir 'n spermtelling. En ook vir jou om te kyk of jy wel ovuleer.

Ek hoop dit help

Sterkte en ek hoop jy is sommer vinnig boepens!!

Reply to Loretta

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement