advertisement
Question
Posted by: bekommerd | 2010/06/11

giardia

hallo- my 2jarige was die week met die parasiet giardia gediagnoseer. sy is nou op antbiotika. 1) wil ek graag weet of ek ook moontlik die parasiet kan he agv dat ek onsettend winderig is (ruik baie erg) tweede kry ek elke dag hoofpyne en derdens is ek onsettend moeg. 2) As my dogtertjie nou die antibiotika opgebruik het, moet ek haar na ''n sekere tyd weer toets vir die parasiet. baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Bekommerd
Giardia is 'n parasiet wat by mense en huishoudelike diere soos katte, honde, voëls, beeste en skape voorkom. Besmetting kom voor deur die fekale-orale roete as gevolg van swak higiëne. Die parasiet kan egter ook in drink-water voorkom. Die simptome van hierdie infeksie sluit in: diarree, winde wat sleg ruik en na swawel proe, steatoree (lig-kleurige sleg-ruikende stoelgang), buikpyn en braking in ernstige gevalle. Dit is moontlik dat jy ook met die parasiet besmet is en ek sal aanraai dat jy jou ook laat toets daarvoor. As jy die dokter besoek vir jou toetse, vra dan of jy jou dogtertjie weer moet laat toets en wanneer. Indien julle drink-water besmet is, is dit baie belangrik om dit deeglik te kook voordat julle dit gebruik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/06/11

Beste Bekommerd
Giardia is 'n parasiet wat by mense en huishoudelike diere soos katte, honde, voëls, beeste en skape voorkom. Besmetting kom voor deur die fekale-orale roete as gevolg van swak higiëne. Die parasiet kan egter ook in drink-water voorkom. Die simptome van hierdie infeksie sluit in: diarree, winde wat sleg ruik en na swawel proe, steatoree (lig-kleurige sleg-ruikende stoelgang), buikpyn en braking in ernstige gevalle. Dit is moontlik dat jy ook met die parasiet besmet is en ek sal aanraai dat jy jou ook laat toets daarvoor. As jy die dokter besoek vir jou toetse, vra dan of jy jou dogtertjie weer moet laat toets en wanneer. Indien julle drink-water besmet is, is dit baie belangrik om dit deeglik te kook voordat julle dit gebruik.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement