advertisement
Question
Posted by: Laura | 2011/09/12

Gewrigsontsteking

Geagte Dokter,

Ons het probeer om via internet meer oor gewrigsontsteking uit te vind voor ons dokter wil besoek en op hierdie webtuiste afgekom. My moeder (77) het skielik ''n baie seer gewrig ontwikkel (beginnende onder duim en gedeeltelik in arm op). Haar tweelingbroer het ''n operasie aan sy duim kant van hand gehad maar ons wil nie net spekuleer en aanneem dit is by haar dieselfde geval nie! Sy drink ArthroGuard omdat sy tot ''n mate Arthritis ondervind ook in haar bene. Maar wat anders kan bykomend geneem word? En dan belangrik, wat moet vermy word wat voedselsoorte betref? Sy is lief om uie in haar kos te sit, maar is dit moontlik nadelig? Sy vermy kosse wat sure bevat maar gebruik ''n bietjie rou tamatieblokkies in haar blaarslaai mengsel.

Hierdie toestand het net skielik gekom. Kan breiwerk dit ook veroorsaak? Sy het onlangs weer begin brei na ''n lang rusperiode.

U raad en advies word hoogs waardeer.

Vriendelike groete,

Laura

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Laura

Sonder 'n fisiese ondersoek, kan ek ook maar net spekuleer. Dit is dus belangrik dat sy haar dokter vir 'n ondersoek konsulteer. Dit is moontlik 'n ooreising tendonitis as gevolg van die breiwerk. Sy kan ook gout of enige ander vorm van artritis met of sonder infeksie, he. Sy kan twee Myprodol kapsules, ses tot agt uurliks neem, maar sy moet haar dokter so gou as moontlik vir 'n ondersoek en toetse konsulteer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement