advertisement
Question
Posted by: HEILA | 2008/05/20

GEWIGSTOENAME EN MEDIKASIE

Ek weet nie meer wat om te doen om gewig te verloor nie. Het al die gesonde diete gevolg, weigh less, dieetkundige ens. Agv gereelde angsaanvalle en depressie, was ek afgelope drie jaar op Cipralex soggens en Trepiline saans. Medikasie nou deur psigiater verander na Cymbalta soggens en Molipaxin saans. Het binne eerste week van verandering 3 kg opgetel (17 kg oor tydperk van 3 jaar). Is daar enige raad oor hoe om gewig te verloor. Is lankal nie meer net matig oorgewig nie. Verloor nooit meer as 2kg op enige dieet nie. Of moet ek nou maar aanvaar dis medikasie en ophou probeer gewig verloor. Stap saans vir oefening of trap oefenfiets alternatiewelik.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Heila
Dit is ongelukkig 'n feit dat depressie op sy eie, óf dramatiese gewigstoename, óf gewigsverlies kan veroorsaak, en dat sommige van die medikasies wat vir die behandeling van depressie gebruik word, presies dieselfde reaksies kan veroorsaak by pasiënte. Dit is almal individuele reaksies. Ek het jou medikasies nageslaan in my kopie van MIMS en vir Cipralex word niks genoem oor gewigstoename nie. Trepiline en Cymbalta noem albei gewigsverlies en gewigstoename as newe-effekte en Molipaxin meld gewigsverlies as 'n newe-effek. Ek sou dus aflei dat jou neiging om gewig aan te sit moontlik verband hou met jou depressie self en nie die medikasies nie. Ek sal aanraai dat jy na jou dieetkundige terugkeer en 'n lae-vet, lae-GI dieet probeer. Hou aan met die oefening want dit help nie net vir gewigsverlies en -beheer nie, maar ook om depressie teen te werk. Maak seker dat jy elke dag vir 30 min of langer flink stap of inspannend oefen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: hanni | 2008/06/11

Ek gebruik Nuzak soggens en Remerin saans en het 18kg (!!!!) opgetel. Was by Weigh Less, en nie eers een cm verloor nie. As ek nie my medikasie gebruik nie is ek hopeloos, buierig, huilerig, heeltemal van koers af! Ek het 'n fiets waarop ek elke môre oefen vir 20 min. Nou maak my gewig my nog meer depresief.

Baie dankie vir die geleentheid.

hanni

Reply to hanni

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement