advertisement
Question
Posted by: Vettie | 2008/05/20

Gewig..help asb!

Ek het al baie diete probeer maar niks werk lank nie. Ek onthou hoe ek en my Ma toe ek in Matriek was vir die Matriek-afskeid gewig probeer verloor het en hoe ons 'n "dieet" gebruik het waar jy verskillende soorte kos saam eet wat jou dan gewig laat verloor..kan onthou dat daar wel peanutbutter by was..en dat jy vol was maar alles op geeet het en gewig verloor het. Weet iemand dalk van die dieet? Ek voel ongemaklik en wil graag gewig verloor..was van klein tyd af oorgewig en verloor moeilik gewig..wil nie 'n dieetkundige gaan sien nie omdat ek maar skaam is en nie hou daarvan om voor enige een op die skaal te klim nie..want dan voel ek net slegter oor myself en skaam. Ek weet dat die gewig nie oornag opgetel is nie en ook nie oornag weg kan gaan nie..maar dit maak my moedeloos as ek so sukkel om 'n kilo of minder te verloor..ek eet ook nie baie nie..koffie en beskuit of peanutbotter broodjie vir ontbyt en dan niks middag ete nie en half 4 eet ons aand ete wat bestaan uit groente en vleis wat nie in olie gaar gemaak is nie.. Help my asb..Voel ongemaklik en skaam vir my liggaam..ek soek net 'n dieet wat my nie baie geld sal kos nie en wat werk..Hoop om gou van die vetrolletjies te verloor!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Vettie
Probeer om by elke ete slegs een sny volgraanbrood, ryebrood, 4 provitas of 2 ryvitas te eet. Vermy verfynde koolhidrate, aartappels, witrys en hoe GI graankosse. Eet lae vet proteiene by elke ete (vleisie so groot soos jou handpalm en 1 cm dik), net lae vet kaas soos Edam of mozarella ( vuurhoutjie boxie grootte), eier nie meer as 3 x per week nie. Eet genoeg groen en wit groentes by elke maaltyd, maar nie meer as 1/2 koppie van wortels, pampoen, patats nie. Eet 'n appel of peer by elke ete of as versnapering tussen-in. Kyk ook op die health 24 website onder DIET vir artikels deur diet doctor. Probeer ten minste vir 30 minute elke dag oefen ( net loop is ook ok)
sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement