advertisement
Question
Posted by: Dave | 2008/01/08

Geswelde voete en kuite

Hallo Dr. Bets

Ek het deur die argiewe gesoek en die naaste wat ek kon kry is
'Swollen Feet Lyn 28/11/2007' maar dit is nie dieselfde nie.

Gisteroggend het ek, na ek opgestaan het, agtergekom dat die vel om my bene en kuite gespanne voel. Gistermiddag het ek opgemerk dat my kuite en enkels gewel is. Vanmôre lyk my voetbrue ook geswel, maar tog is dit asof die spanning op die vel minder is - hopelik is die swelsel aan die afneem (maar nog nie opsigtelik nie). Dit is slegs my kuite, enkels en voete.

Ons woon op 'n warm kusdorp en was vir die hele Desember weg, en het insekbestryders op die vloere aangewend (het jy al Durbs se kakerlakke gesien:-), en loop kaalvoet in die woonstel, maar miskien soek ek net troos in daardie raaiskoot. Ek twyfel of dìt die rede kan wees. Ek het dit nog nooit voorheen ervaar nie.

Ek is sowat 10 kg oorgewig, maar die huidige 8.5 kilometer stap in die oggende, sal dit afskud. Daar is geen gepaardgaande pyn met die swelling nie.

Ek drink Eltroxin (150 mg) elke oggend asook Turbovite en Athro Guard.

Dave

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dave
Geswelde voete kan 'n teken van hart ( hartversaking) of niersiekte (nierversaking of nefrose) wees en kan ook deur onderaktiewe skildklier veroorsaak word - ek dink nie dit is 'n allergie nie. Gaan liewer dat jou dokter jou ondersoek en seker maak daar is nie iets ernstig verkeerd nie. Laat weet my wat sê hy?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Dr Bets | 2008/01/09

Wel dit is goeie nuus ! Miskien was jou bloedsomloop dalk bietjie ingekort met ver ry met die vakansie?

Reply to Dr Bets
Posted by: Dave | 2008/01/09

>Gaan liewer dat jou dokter jou ondersoek en seker maak daar is nie iets ernstig verkeerd nie. Laat weet my wat sê hy?
Dr Bets

Dr. Bets
Ek kom nou net van hom af, en met goeie nuus:-) Hy het twee maande gelede 'n roetine reeks bloedtoetse gedoen, en daar is niks met my niere verkeerd nie. Dit het ook 'n Thyroïd toets ingesluit, en ook dié is reg.

My hart makeer ook niks want, my hartklop is reg, en so is my asemhaling. Hy het 'n paar stetoskooptoetse gedoen. Hy het so vaagweg verduidelik van vakansiegangers wat hier kom en somtyds die eerste paar dae swel. Ons was wel vir 'n maand weg maar ek is mos, na byna 4 jaar hier, al geklimatiseer:-)

My bloeddruk, wat met die vorige toets 125/85 was, is nou 190/105, maar ek blameer twee dae se worries daarvoor:-)

Hy het Adco Retic (? ((waterpil)) ) voorgeskryf en wil my weer oor 2 weke sien.

Mag jy 'n wonderlike 2008 geniet...

Dave



Reply to Dave
Posted by: Dave | 2008/01/08

Dr. Bets
Baie dankie vir die vinnige (maar kommerwekkende) antwoord. Sal jou laat weet wat hy sê.

Dave

Reply to Dave

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement