advertisement
Question
Posted by: Toetie | 2008/01/03

Geswelde tong

Hello Dok
Ek vind so een of twee keer 'n maand dat my tong in die nag swel, wat dit verder vreemd maak, is dat terwyl die tong geswel is, dan maak my kake vinnig vanself toe, dan byt ek onwetend my tong self stukkend. Die volgende oggend is alles egter weer normaal. Wat kan dit wees ???
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Toetie
Die gebytery van jou tong is baie keer 'n newe effek van kners op die tande (bruxism) wanneer die kouspiere skielik saamtrek. Tandeknersery word veroorsaak deur stress, 'n angstige tipe persoonlikheid, as newe effek van sekere anti depressant medikasie, stimulante soos kaffeien, dekongestante, sinusprobleme of slaap apnee.
Jou tandarts kan vir jou 'n plaatjie maak waarmee jy kan slaap wat dit sal voorkom. So gebyte tong is darem baie seer! Jy kan Kenalog in Orobase salf op die stukkende plek sit om dit gouer te laat genees.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/10/10

my tong het net aan die een kant begin opswel het my nie raak gebyt nie

Reply to Anonymous
Posted by: skillie | 2008/04/23

as ek eet kan ek nie baie eet nie want dan brand my tong
ek nie te veel soet eet dan brand dit so dat ek nie meer kan eet nie wat sal die oorsaak wees

Reply to skillie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement