advertisement
Question
Posted by: Marabi | 2007/12/14

Gestational Herpes opvolg

Hallo Doc, hopelik onthou U my navraag van die vreemde vel-episodes wat gevolg het op beide my krame. Wel, ek was alweer na die dokters toe en het baie ure self navorsing gedoen - Die dokters is nie heeltemal oortuig dat ek 'n herpes verwante geval gehad het nie, en is van mening dat dit nie binne my swangerskap opgeduik het ( soos Gestational Herpes wel die geval is nie). Al raad wat hul het vir die groeiende ongemak met rooi inflammasie tipe swelling dwarsoor my liggaam = Prednisone. Newe-effekte is aaklig vir hierdie Moedertjie en ek voel skoon soos 'n opblaasvissie al!

Dokters kon weereens nie 'n skatting op die diagnose maak nie, en nou is fungus darem uitgeskakel ( Hele dosis anti-fungal medikasie het geen duik gemaak in my simtome nie.) Die blase het darem nog glad nie weer opgevlam nie, maar die konstante jukkende rooi opgehewe swellings oor my lyf maak die lewe moeilik.

Het U dalk al iets raakgelees of raakgekonsulteer hierdie afgelope rukkie???

Groetnis & Geseënde Kerstyd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marabi

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Jy presenteer met 'n algemene pruritis en daar is 'n verskeidenheid van oorsake hiervoor. Ek stel voor dat jy 'n afspraak met 'n Dermatoloog maak vir 'n volledige ondersoek. Om Herpes uit te skakel, moet jy bloedtoetse laat doen.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: lynn | 2008/02/28

hey doc, een van my pele dink hulle is swanger, wat is die eerste simtome wat volg en sal 'n vrou se maag na 2 maande al baie opgeswel wess. as dit is werk dit normaal dat mens jou maag kan intrek soos wanneer mens vet is?

Reply to lynn

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement