advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2004/12/21

GESNYDE ARM

Ek het advies nodig! Kan u vir my se waar sit jou hooffslagaar in 'n mens se arm. Is dit aan die bokant van jou arm of is dit onder by die area wat by jou pols verbygaan? My suster het haar arm geweldig beskadig nadat sy met haar arm deur die venster geval het. Daar is 'n operasie op haar arm gedoen. Al wat ek wil weet is waar jou slagaar sit asb. dit is vir my baie belangrik. Baie dankie vir 'n puik "program". Ek het al baie antwoorde op my vrae gekry.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bekommerd, die hoofslagaar loop aan die binnekant van jou bo-arm af tot by jou elmboog. Dit deel in twee net onder jou elmboog en loop aan beide kante van die voorkant (handpalm kant) van die voorarm af tot by die pols. Die meer prominente een is dikwels aan die duim se kant van die pols (radiale pols). Laat weet maar as jy nog vrae het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: science | 2004/12/22

Ongelukkig is Jackie nie reg nie, bloed word uit 'n vene (vein) in jou arm getrek, en nie 'n aar nie. Jou slagaar is dieper in die arm, en loop tipe-van teen die arm se bene af vanaf jou oksel tot in jou pols.

Hoop dit help!

Reply to science
Posted by: Jackie | 2004/12/21

Hi Bekommerd.
Die slagaar loop in die binnekant van jou arm. Dis uit hierdie aar waaruit 'n mens bloed skenk en/of bloed laat trek om getoets te word vir watter rede ookal. Mag ek vra wanneer het die voorval plaasgevind en wat was die dokters se prognose na die operasie? Jy is welkom om direk met my te gesels via my e-mail adres.
Groete
Jackie

Reply to Jackie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement