advertisement
Question
Posted by: RT | 2008/06/10

Gereeld oor infeksie en sukkel met neus

Middag dokter,

Ek kry al vir die afgelope jaar en 'n half gereeld oor infeksie. Bedoelend 2 tot 3 keer 'n maand. Kry dit gewoonlik as die wind waai of as ek kougom kou.

Ek sukkel ook die afgelope 2 maande vreeslik met my neus. Hy is bot toe in die aand en loop geel gedurend die dag as ek nie Sinutab drink nie. Ek is al op 3 tablete 'n dag en is bekomerd ek gaan verslaaf raak aan dit.

Dink dokter ek moet 'n Neus, keel en oor spesilist gaan sien?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo RT
Sien eers jou GP - dis goedkoper en hy kan al die basiese toetse doen en vir jou solank 'n voorskrif gee. Jy het waarskynlik 'n chroniese sinusitus - dalk agv 'n allergie en benodig waarskynlik 'n anti-histamien saans, Beconase neussproei 2 x per dag langtermyn en 'n 10 dag kursus antibiotika. As dit nie help nie kan mens na 'n ENT toe gaan want dan moet mens dalk 'n sinus spoeling of 'n operasietjie kry om die sinusopeninge te vergroot.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement