advertisement
Question
Posted by: Mary | 2004/02/26

Genoeg gehad

Hallo
Ek is 17 jaar getroud met 'n man wat heeldag kerm en kla. Ek het skaars by die huis gekom van die werk dan moet ek al die klagtes hoor. Van die bediende tot die hond. Hy het sy eie besigheid en dit gaan baie op en af. Nooit kom 'n goeie of mooi ding uit sy mond nie, maar is gou om almal af te kraak en negatiewe dinge te sê. Ek glo hy het 'n swak selfbeeld. Hy het al erken hy is moeilik. Ek is weer 'n baie positiewe mens en hou van lag en wil niemand seer maak nie. Ek glo daaraan om myself goed op te pas. Hy tot 'n probleem met my sport-padwedlope. Ek nooi hom altyd na wedlope. Sy ouers bly by ons, maar daarmee het ek geen probleem. Hy en sy pa kom nie eintlik oor die weg nie. Soos ek van my man kan verstaan het sy pa net so gekla en gekerm. Ek het al baie oor die jare oor hier gekla en kerm gepraat, maar sy reaksie is net: Hy is die slegte en ek die wonderlike een. My kinders begin daaronder te ly? Hy wil nie 'n huweliksraadgewer sien nie.
Help asb???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Dear Mary,
Sounds like he can be a real misery, and he may have learned this habit from his pa. And it surely can't be much fun for him, either. Can't you push him towards at least going for some personal counselling, to deal with this ? Such habits can be changed, but only if the person actually wants to change.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Lucia | 2004/02/27

Geagte Mary

Jy vra vir raad - jy het nie die raad nodig nie, jou man het dit nodig. Hy moet iemand professioneel gaan spreek oor sy heel waarskynlike swak self beeld. Wat ek wel vir jou kan aanbeveel is om iemand by bv Famsa te gaan spreek wat jou kan help om die negatiewe uitwerking van so 'n persoon te probeer verwerk. Jy sal moet iets daaraan doen want hierdie situasie is waarskynlik reeds besig om jou onder te kry.

Ek weet talle sal jou aanbeveel om hom te los, maar julle kom al 'n lang pad saam en 17 jaar (en kinders) is nie te versmaai nie - daar was eens op 'n tyd 'n rede gewees hoekom jy met hierdie man getrou en soveel jaar by hom gebly het. Julle mik punt is om weer daardie geluk te vind - ek is seker daarvan hy hou nie baie van homself as hy so negatief is nie, hy weet dalk net nie hoe om om hulp te vra nie. Staan hom by en probeer vir hom uitwys waarheen julle huwelik oppad is as hy nie iets daaromtrent gaan doen nie.

Beste wense

Reply to Lucia
Posted by: Wife | 2004/02/27

Hi Mary,

Hy het 'n swak selfbeeld en voel bedreig deur jou. Ek is in die selfde bootjie. My man is ook 'n negatiewe persoon en ek 'n positiewe persoon. Ons is 19 jaar getroud. Hy is nou beisg om 'n sielkundige te sien en ek hoop dit werk. Ek is lief vir my man en probeer geduldig wees maar gaan moelik. Hy het 'n probleem met my werk ek het te veel meetings na sy sin.
My raad is probeer maar as jy rerig lief is vir hom dit is wat ek doen probeer maar elke dag. Dit gaan moeilik en ek wil elke 2de dag uit hierdie verhouding loop maar ek is lief vir die man.

Sterkte!

Reply to Wife
Posted by: volcano | 2004/02/26

Sê vir die man dat jy genoeg gehad het. Stel 'n ultimatum dat as hy nie bereid is om vir erstige berading te gaan nie, jy na 'n lewe sonder hom sal kyk. Ek praat nie egskeiding goed nie maar sommige selfsugtige drommels moet eenvoudig wakker geskud word.

Reply to volcano
Posted by: slr | 2004/02/26

ended a 5 yr r/ship with my negative boyfriend for exactly the same reason : it just was not fun to be around him anymore.

It is very unhealthy to be surrounded by unpleasantness.

Reply to slr

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement