advertisement
Question
Posted by: MM | 2007/06/01

Geheim van gewigverlies

Hallo Almal,
Ek lees gereeld die vrae en antwoorde op die Forum en die meeste vrae het maar te doen met wat is die beste manier om gewig te verloor en af te hou. Wel na jare van oorgewig wees het ek UITEINDELIK die geheim ontdek en dit is redelik eenvoudig.
Ek het agt maande gelede 105kg geweeg (ek is 1.76m) en om een of ander rede het ek besluit genoeg is genoeg. Ek het aangesluit by "Die dieet waarvan almal praat' en die eerste sessie was die slegste ervaring wat ek ooit in my lewe gehad het ek het baie vet en aaklik gevoel en die dame wat die dieet aangebied het het my nie veel beter laat voel nie, maar daardie dag het ek besluit dat ek vir 10 weke (so lank soos wat die dieet plan is) elke dag my alles gaan gee en ek het gefokus op daardie 10 weke - ek het saam met die dieet ook begin gym - 5 dae 'n week vir 1 uur elke dag. En glo my dit was aaklik om 'n hierdie vet lyf in die gym te wees en ja ek was in die begin honger, maar binne twee weke het ek vanself 5uur in die oggende wakker geword en gaan gym en die eetpatroon het begin makliker word. Met die dieet het ek 18 kg verloor, maar waar die meeste mense die fout maak is hulle sien dit as 'n 'quick fix' en gelukkig in hierdie 10 weke het ek 'n paar dinge geleer. Die heel belangrikste van dieet is: Engergie in = Energie uit. Tel jou kilojules(energie) en as jy soos ek hou van baie eet, oefen, want hoe anders verbrand jy wat jy inneem. Ek het nog ses maande later nog 14 kg verloor en ek voel en lyk ongelooflik goed. Al wat ek kan sê is enige dieet werk, maar almal sal ook flop as jy nie iets leer nie. Eetgewoontes is presies dit wat die woord sê 'n gewoonte en sodra die gewoonte gebreek is gaan dit makliker. Dit is egter ook soos rook die 'lus' raak ook nie weg nie en jy moet voortdurend jou kop reg ingestel hou anders gaan jy weer begin rook of in hierdie geval al die verkeerde goed begin eet.
My oefeninge elke weeksdag het ek verslaaf geraak aan ek kan nie meer daarsonder nie en my gesonde eetgewoontes het 'n nuwe leefstyl geword, ek is maerste en gelukkigste wat ek nog ooit in my lewe was - ek sien daarna uit om nog 5kg te verloor.
Sterkte aan almal wat nog hierdie pad moet loop en onthou daar is 'n ander uitweg as om vet te wees. Glo my.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste MM
Baie dankie vir hierdie bydrae - ek hoop dat ander Lesers daarby sal baat. Dit is baie waar wat jy sê, dat mens jou leefwyse moet verander en jou gesindheid, andersins sal geen dieet werk nie. Volharding is ook belangrik. Ek is besonder bly vir jou dat jy tot op datum 32 kg gewig verloor het - jy is 'n blink ***ster***. Hou so aan en geniet die oefening.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement