advertisement
Question
Posted by: liza | 2006/10/29

geen blaas beheer na histerektomie

Ek het ongeveer 4 weke terug 'n totale histerektomie gehad, behalwe vir baie wondvog, geen probleme na die tyd. 'n Vreemde ding gebeur egter nou met my, ek het nie werklik beheer oor my blaas nie!!! Ek kan nie werklik voel dat my blaas vol is nie, so ek sorg maar dat ek kort kort toilet toe gaan, maar het tog nog glipse net nadat ek van die toilet afkom. En dan natuurlik wanneer ek slaap!!!!! Dit is asof dit net uit loop en ek kan dit glad nie beheer nie. Ek doen elke dag gedurende die dag knyp oefeninge, maar as dit eers begin loop is daar nie spraake van knyp nie. Hoes en nies was voor die histerektomie 'n natmaak probleem, maar nie nou meer nie. Hoe nou gemaak?? Dit voel asof ek vanvooraf moet begin doek dra!!!!! O ja, ek het ook vir 1 dag 'n rooierige afskeiding gehad, wat die dokter gesê het sal gebeur wanneer die steke begin oplos, maar net vir 1 dag? Daarvoor het hy vir my antibiotika voorgeskryf. Ek bly ongeveer 700km vanaf die naaste dokter, so ek kan nie sommer net gou by die dokter uitkom nie. Help!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Liza
Dit klink of die knypspiertjie bietjie verlam is - dit kan wees van die kneusing en die post-operatiewe swelling. Jy moet vir jou chirurg daarvan sê - ek hoop jy moet teruggaan vir 'n 6 weke ondersoek! Kry vir jou spesiale inkontinensie panties by die apteek tot tyd en wyl en moenie te min water drink nie - dis baie warm op die oomblik. Vra jou GP om vir jou bietjie Tofranil voor te skryf om die spiertjie bietjie te help. Pasop net , dit kan jou bietjie slaperig maak aan die begin. Gaan pieps maar kort-kort. In sommige vrouens kry mens dat die blaas se posisie verander as gevolg van die histerektomie, en dan moet mens die blaas bietjie lig. Maar gee eers alles kans om weer gesond te word. Sien ook http://www.womenshealthmatters.ca/Centres/pelvic_health/incontinence/FAQs/index.html

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: doekman | 2016/01/28

Ek dra steek elke aand n lap doek aan. Ek is nou 42 en kannie slaap sonder my doek nie. Ek is nat by sommige oggende.3

Reply to doekman

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement