advertisement
Question
Posted by: seekatjie | 2005/07/29

gee gou vinninge punte vir onderhoud.

Hello julle,hoop dit gaan goed,
Sal jul asb so gaaf wees en vinnige paar punte gee vir 'n onderhoud soos die algemene vrae wat gevra word.
Dankie jul hulp word waardeur.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/06/02

Hello almal ek het hulp nodeig. Het oproep gerky. Ek gaan na my tweede onderhoud. Wat word gevra in n tweede onderhoud. En as hul my vra of ek enige vra het wat moet ek vra?

Reply to Anonymous
Posted by: Pienkie | 2016/01/26

ek wil graag weet. die vraag waarmee ek altyd sukkel is, hoe sal jy konflik hanteer in jou werksomgewing.

Reply to Pienkie
Posted by: Belle | 2005/07/29

Verbeel jou dat jy met 'n goeie vriend of vriendin gesels. Wanneer hulle wil he dat jy van jouself moet vertel, wil hulle weet watter tipe mens jy jouself as sou beskryf en waarvan jy hou; Bv. "Ek is oor die algemeen 'n geduldige mens, ek is mal oor ou mense en babas, ek is gek oor die natuur en gaan baie op pieknieks en buitelug uitstappies. Ek glo aan harde werk en lojaliteit. Ek kan nie 'n leun vertel nie, omdat ek weet dat dit verkeerd is; dan raak ek sommer bloedrooi" Kry jy my punt? Hulle wil weet hoe jou persoonlikheid is. Dit sal hulle vertel of jy gaan inpas met die ander persoonlikhede.

Reply to Belle
Posted by: seekatjie | 2005/07/29

Dankie julle ouens ek sal so maak maar ek kan baie vinnig stress en vergeet die helfte van die goed wat ek my voorberei het,ek sal maak soos jul sê en ophoogte hou.....hou net duim vas en bid ouens....bid!!!!!!!!!!!!!

Reply to seekatjie
Posted by: Star | 2005/07/29

Goeie en swak punte, bv sê dit net soos dit is, niemand is perfek nie en almal het hulle. Hoekom hulle jou moet aanstel, hoekom wil jy daar werk, beter bevorderings moontlikhede, beter voordele, en jy sal 'n aanwins wees vir hulle, spes dan hoekom jy so sê.

Vertel ons van jouself. Begin by watse skool jy was, vinnige opsomming van wat jy al gedoen het.

Verkoop jouself so goed soos wat jy kan. Dink mooi aan al die antw., vat jou tyd voor jy antwoord, hoe langer die onderhoud hoe beter en hoe meer op jou gemak gaan jy begin voel. Moenie jou bene kruis nie, en as daar meer as een persoon is maak beurte om almal in die oë te kyk terwyl jy praat. Moenie met jou hande speel nie en spoeg chappie UIT! Almal is senuweagtig met sulke goe, maar ontspan jy net en wees jouself!

Reply to Star
Posted by: mica | 2005/07/29

Hulle vra altyd in watter omstandighede werk jy die beste alleenof in 'n groep. Gee antwoord wat albei bevoordeel soos. Jy werk lekker in 'n groep want jy komminikeer maklik en kom maklik met ander mense oor die weg. As jy 'n eienskap het vwn rganisasie noem dit en sê jy kan alleen werk en jy konsentreer maklik en handel altyd 'n taak tot die beste van jou vermoe af en dat jy gefokus is as jy alleen werk.
Hoekom moet ons jou aanstel- Ek leer maklik en as jy weet hoe om die werk te doen sê dan jy weet hoe om die werk te doen en dat jy 'n groot aanwins vir hulle kan wees.

En moenie voel dat jy hulle nodig het nie, voel dat hulle jou nodig het. Hulle het jou tog gebel vir die onderhoud nie jy vir hulle nie.Onthou dit. Sterkte en laat weet hoe dit gaan. REk kan jou og tips gee maar iets anders het my aandag dringend nodig, jammer en ek hoop vir jou part dit gaan goed.

Reply to mica
Posted by: seekatjie | 2005/07/29

Dis 'n "credit control"pos en juis die vrae wat Savannah lig weet ek nie hoe om te antwoord nie ek maak altyd 'n totale aap van myself....

Reply to seekatjie
Posted by: Savannah | 2005/07/29

Hi Seekatjie,

Ek dink die belangrikste in 'n onderhoud is om jouself te wees, en 'clued up' the wees oor die industrie/maatskappy waar jy hoop om in te kom... Deesdae gebruike meeste van die groter maatskappy die situation response tipe vrae, waar jy vir hulle voorbeelde moet gee waar jy spesifieke dinge hanteer het ense... Byvoorbeeld: Was daar al 'n geleentheid waar jy 'n voorlegging aan 'n diverse groep moes doen en hoe het jy dit beleef? Hoe het jy enige probleme oorkom.
Die ander algemene vrae:
1. Hoekom moet ons jou aanstel.
2. Wat is jou sterk punte en swak punte (as jy jou swak punte lys, probeer voorbeelde gee van hoe jy dit oorkom).
3. Hoekom wil jy by die maatskappy werk....
STERKTE

Reply to Savannah
Posted by: Star | 2005/07/29

Jy moet eers se watse tipe besigheid dit is en posisie, dit maak 'n verskil in die vrae wat hulle vra.

Reply to Star

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement