advertisement
Question
Posted by: Asmaloos | 2004/11/18

Gebruik van pompies

My asma het aansienlik verbeter vandat ek begin gimnasium toe gaan het. Ek het gladnie meer my Venteze pompie nodig nie (het hom verlede jaar so ongeveer ses of sewe keer 'n dag gebruik) en het 'n jaar laas 'n kortisoon inspuiting gehad. Ek het so twee weke laas my Beclate pompie gebruik en het nog glad nie benoud gevoel nie.

Is dit gevaarlik om hom nie te gebruik nie, of kan ek maar so aanhou tot ek voel ek het hom weer nodig?

Baie Dankie vir al die wonderlike raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Asmaloos, as die diagnose van asma deur middel van ‘n long funksie toets gemaak is moet jy baie versigtig wees om jou Beclate® pompie te stop. Die probleem met asma is dat al kry jy geen akute aanvalle nie, dit nog steeds versnelde “long veroudering” tot gevolg het. Die beste sal wees om aan te hou met Beclate® en die Venteze® net naby te hou vir nood. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Daleen | 2004/11/19

HI

Ek is in dieselfde bootjie as jy. My asma is in die winter baie erger. Omdat ek heupprobleme het kan ek nie hardloop/draf nie. Die dokter sê dat fietsry is net so gesond en goed vir die heup. Ek en my man het laas maand begin en ek was baie bekommerd dat ek dalk 'n aanval op die pad sou kry.

Ek is ook al 'n maand sonder my Venteze pompie. Oefening doen die longe goed en maak hulle baie sterk!!

Groete
Daleen

Reply to Daleen

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement