advertisement
Question
Posted by: GB | 2004/01/27

Gat in sinus holte

Ek het my verstand tande 'n week gelede laat uitsny. Die dokter het gese dit was 'n moeilike operasie en dat daar per ongeluk 'n gat in my sinus holte gekom het. Hy het verder gese dat hy dit met 'n stuk van my wang toegemaak het. Ek weet nie of ek te erg gegorrel het of wat nie, maar die stuk wang is uit en die gat oop. Sal dit self toegroei, en is dit gevaarlik as dit nie toegroei nie? Hy het gese ek mag vir twee weke nie my neus aan daardie kant blaas nie, maar dit is bietjie moeilik omdat daar nog gereeld bloed uitkom. Ek wil nie graag vir nog 'n operasie gaan nie, so kan jy net asb vir my die gevare uitlig van as die gat sou oop bly. Op die oomblik is daar reeds die heeltyd 'n drup in my keel, maar behalwe vir die ongemak is dit mos darem nie gevaarlik nie.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

GB, dit mag lei tot]chroniese sinusitis en as dit hand uit ruk, mag dit tot erstige probleme lei. Die sinusitis mag deur breek na die brein en daar absesse en of stolling veroorsaak – nie ‘n goeie ding nie. Die beste sal wees om maar liewers jou dokter te sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement