advertisement
Question
Posted by: PAUL | 2004/11/06

GASTREKTOMIE

Dok, ek het al 2 keer gastroskopie ondergaan a.g.v. perforasie van n peptiese ulkus. Met opvolg is steeds prepiloriese ulkus getoon en 'n biopsie het karsinoom getoon. Die derde operasie, 'n gedeeltelike gastrektomie en gastro-jejunale anastomose is gedoen. Geen komplikasies. Daar was geen vergrote limfnodes nie, maar wel digte infiltrasie.
Dit is amper 2 maande na die gastrektomie en ek voel baie goed. Ek is 41 met 'n baie stressvolle werk. My bekommernis is dat daar geen opvolg bespreek is met my nie. Is dit nou nodig vir enige opvolg (6 maandeliks of jaarliks). Wat is die moontlikheid dat kanker weer sy verskyning maak.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Paul, ek stem saam dat daar ‘n opvolg moet wees – waarskynlik vir die volgende 2-5 jaar. Dit moes op ‘n manier vergeet gewees het, so bel asb. die chirurg se kamers en maak seker. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement