advertisement
Question
Posted by: UNSURE | 2003/03/10

galblaas

My pa het 2weke terug ernstig siek geword. Omdat hy nie medies het nie is ons met hom na 'n staats hospitaal. Nadat hy deur 2 dokters ondersoek is is vasgestel
dat hy 'n probleem het met sy galblaas. Na verskeie toetse en medikasie het die laaste
dokter besluit om die galblaas te verwyder. Die spesifieke staats hospitaal het my pa 6 ure voor
teater laat wag voordat hy laat weet het hy het my pa verkeerd gediagnoseer en dat hy graag 'n
2de opinie wil kry by 'n spesialis. Die spesialis het toe nooit opgedaag nie en ons is toe met ma pa
na 'n derde hospitaal toe daar het hulle ook bevestig dat dit galblaas is en is ons verwys na nog 'n
staats hospitaal daar het my pa vir 3 dae gele sonder kos of water omdat hulle vergeet het van hom omdat sy kamer agter ontvangs gelee was en hulle nie geweet het dat daar 'n pasient le nie.
Ek en my ma wou vir hom water en skoon klere vat maar is vertel dat indien ons ingaan sal hulle ons laat toesluit omdat dit nie besoek tyd is nie. Hulle het 'n dag later my pa ontslaan en gese hy
moet oor 'n maand terug kom vir die operasie.
Ek wil nou net graag weet my pa is nogsteed ernstig siek en hy kry vreeslik koors en is baie pap.
Ons is raad op en moeg gehuil en ons weet nie meer watse kant toe nie. 'N vrou het ons vertel dat
ons my pa se probleem met 'n dieet kan regmaak sonder dat hy hoef te gaan vir 'n operasie is dit
moontlik, al het hy infeksie. (die dokter het gese sy longe is seer omdat die galblaas die liggaam vergiftig) Kan u my asb raad gee want ons is raadop en ons weet nie meer wat om te doen nie.
Ek is moeg om my pa so te sien ly.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leserin
Dit is te verskriklik - jou liewe pappie het vinnige hulp nodig en sal waarskynlik 'n operasie moet kry om die galblaas te verwyder. Indien hy infeksie het, moet hy ook antibiotika kry. Ek kan net voorstel dat julle a) jou pappie eers na 'n staatskliniek toe vat, dat hulle hom hospitaal toe verwys b) dat julle die plaaslike Raadslid bel en vir hom/haar die storie vertel c) dat hulle koerante-toe gaan met die storie. In die tussen tyd moet julle sorg dat hy genoeg vloeistof inneem (water, vrugtesappe, lae-vet melkdrankie) en enige kos wat hy kan inhou soos bv. jellie, vla gemaak van laevet-melk, gestoofde vrugte (verwyder enige pitte) en een van die maatydvervangings soos Complan om hom op te bou. Hy is tans te siek om met 'n dieet die galblaas toestand reg te maak.
Sterkte - ek dink aan julle en hou styf duimvas dat julle nou gehlope raak.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Bubbles | 2003/03/13

Hi Unsure.

Die galblaas stel net genoeg gal vry, om die lewer te help om vet af te breek.As jy nie meer 'n galblaas het nie, is daar niks wat die lewer meer help nie.Die gal word dan net so deur jou liggaam uitgeskei.Jou liggaam kan normaal funksioneer sonder 'n galblaas , maar 'n mens moet maar voorsorg tref.Ek sou julle aanraai om jou pa 'n lae vet / vetvrye dieet te laat volg.Ek moes eers suffer, hondsiek word en by die dood omdraai, voordat ons agter gekom het dit is vetterige kos wat meeste van my probleme veroorsaak( my Dokter het my niks gese nie.).Daarom gebruik ek Fat Blockers.Ek het agter gekom dat ek nie siek word wanneer ek my pille gedrink het nie, want dit blok al die vet in my maag, so my lewer het nie vet om af te breek nie.

Hoop dit help!
Bubbles

Reply to Bubbles
Posted by: UNSURE | 2003/03/12

Baie dankie vir julle terug voering, dit word opreg waardeur.
Ek wil net graag weet die hospitaal kan my pa nou eers die einde april help
met 'n operasie. Ek wil net graag weet wat die funksie is van die galblaas en
of my pa se liggaam normaal sal funksuneer na die operasie en watse dieet kan
ons vir hom gee of kan hy nog steeds normaal eet soos gewoonlik.

Reply to UNSURE
Posted by: Bubbles | 2003/03/12

Beste " Unsure".

Ek weet maar alte goed waardeur jou pa gaan.Ek het op 18 ook galblaas probleme ontwikkel, en eers 4 maande na die probleme begin het, is my galblaas verwyder. My Dokter het maar altyd vir my Librex, en Ulsanic voorgeskryf.Ek gebruik ook nog steeds De Witts poeier/ Spasmopep kapsules. Die De Witts help om die maagsure te beheer, want as die maagspasmes, naarheid, en opgeblasenheid nog nie begin het nie, is dit nie meer ver nie.Die Spasmopep help vir die opgeblasenheid.Ek kry gereeld gastritis ( ontsteking van die maagwand) en ek behandel slegs die simptome.Ek gebruik egter 'n Fatblocker, want ek word baie siek as ek kos eet wat net 'n bietjie vetterig is.Omdat 'n mens nie altyd vetterige kos kan vermy nie, tref ek maar voorsorg,maar dit is gewoonlik waar die grootste probleem le.

Baie sterkte vir julle, ek hoop my raad is van hulp.

Reply to Bubbles

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement