advertisement
Question
Posted by: Chrissie | 2008/06/23

Fungus in toonnael

Goeie dag, ek het twee jaar terug 'n fungus onder my linker groottoon nael gehad. My dokter het pille voorgeskryf wat vir 10 dae, drie maandeliks moes geneem word. Die fungus is dood, maar dis nou twee jaar later en ek sit met 'n afskuwelike toonnael waaroor ek baie verlee is. Dis nou 'n nael wat omtrent 4mm dik is. Die boonste laag (ongeveer 1mm dik, is soliede nael.) Wat dit so dik soos 'n horing (en wit) laat lyk. En die onderste laag is meer 'crusty / flakey'. Ek kan dit nie met 'n knipper knip nie, omdat dit te dik is. Dit is baie gevoelig as ek skoene dra, en 'Murphy's law', ek stamp die voet teen alles. As ek saans in die bed op my rug le, en die beddegoed rus op my toon, is dit ook pynlik.
My GP het gese dit sal nie help om die nael uit te trek nie. Maar is daar Enigiets wat ek kan doen om dit weer terug na normaal, of ten minste pynloos te kan kry?
Baie dankie..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Chrissie
as mens die fungus onder beheer het, groei die nael gewoonlik normaal uit daarna, so ek is skepties dat die fungus probleem regtig onder beheer is!! Kyk of jy dit kan afvyl en dan kry mens by die apteek 'n anti-fungus middel wat soos 'n nael politoer lyk wat jy kan opverf. Dan moet jy dalk ook nog 'n kursus Lamisil neem. Die nael groei uit teen omtrent 1 mm per maand maar mens behoort "normale" nael na 'n maand of twee te sien. Jy kan ook dat 'n dermatoloog kyk en tweede opinie gee.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement