advertisement
Question
Posted by: joane | 2007/08/24

Foxterrier puppy

My hondjie van 10 weke is baie gulsig. Sluk al sy pille heel in en hardloop dan om die ander hond s'n ook te eet. Lyk of hy nooit genoeg kry nie. Hy het ook diaree, maar is nie siek nie. Hy eet Vet's Choice (Puppy). Hy is ontwurm en ingeent,.Het iemand dalk raad? Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Maak hom saam met sy kos toe totdat die ander honde klaar geeet het. Gee vir hom die pille met water saggemaak om 'n grooter "maal" te maak. Word hy teen sy ouderdom and gewig gevoer?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Chill | 2007/08/27

Hard to say about the amount... my 'pup' weighs 30 kg and she gets only two cupfuls (ie 500 ml) of chunks (with a tiny bit of canned food added for flavour) - she looks great. Best is to go according to the pup's appearance and liveliness - after eating he should have a nice round tum. As long as he's lively and happy, don't worry too much! You're feeding well, and that's the key thing.

Reply to Chill
Posted by: joana | 2007/08/26

Thanks for all the good advice, I tried and it is much better.
I feed him Vet's Choice for Puppies.He weighs about 2,25
and I feed him 125 ml x twice a day. What do you think?

Reply to joana
Posted by: Chill | 2007/08/26

Nog een ander dingetjie - 'n Foksterrier is nou nie 'n baie groot hond nie, maar onthou tog wel dat jong hondjies baie vinnig groei, en dat die hoeveelheid kos wat hulle kry omtrent weekliks aangepas moet word soos wat hulle groei. Dit sal aanhou tot omtrent 6 tot 8 maande, waarna jy sal sien die gulsigheid sal so 'n bietjie afneem.

Sorg ook asb dat die babatjie kos kry wat vir puppies geformuleer is - hy behoort nie dieselfde pille te kry as die volwasse honde. Sy voedingsbenodigdhede is heel anders as 'n groot hond s'n, en puppy pille is geformuleer om hom die regte elemente te gee om gesond groot te word.

Reply to Chill
Posted by: WR | 2007/08/25

Hi Joane,

Dis redelik normaal vir puppies om so gulsig te eet. Hulle is gewoond daaraan om te moet eet so vinnig hul kan want die ander boeties en sussies was altyd daar om saam te eet.
In die vervolg, sorg dat jy hom eenkant voer, weg van die ander honde af - maak seker dat hy nie by die ander honde kan kom nie, en hulle ook nie by hom nie. Hy sal mettertyd stadiger eet.
Die ander gevaar is ook dat hy dalk 'n 'nip' van een van die ander honde kan kry en seerkry - ek het al te veel puppies gesien wat 'n oog verloor het na so 'n voorval.

Die diaree kan deels van die inenting, en deels van die ontwurming ook wees. Die stoelgang is nog ok as dit sag is, maar verkieslik nie waterig nie. As dit lank aanhou, laat die Vet maar eerder dubbel seker maak of als reg is. Hy behoort mos binnekort vir nog 'n inenting en ontwurming te gaan - noem dit dan aan die Vet.

Sterkte!

Reply to WR

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement