advertisement
Question
Posted by: Susan | 2004/11/10

Fibromyalgia Diet

Can you please help me with a diet for Fibromyalgia
Wat is goed en wat moet ek vermy. Ek het eers gewig verloor en daarna 15kg gewig opgetel sedert ek gediagnoseer is hiermee
Baie Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
Ek is jammer om te hoor dat jy hierdie probleem-siekte onder lede het. Ek wil graag aanraai dat jy 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) probeer. Hierdie dieet sal help met die gewigsverlies, maar omdat dit gebalanseer is en baie vrugte en groente, onverfynde grane en lae-vet melk en suiwelprodukte bevat, sal dit ook help vir die ME. Ek wil ook aanbeveel dat jy 'n volledige vitamine- en mineraalsupplement soos Centrum of Supradyn Forte, en Salmolietablette neem. Hierdie aanvullings help om jou immuunsisteem te stimuleer. Indien moontlik probeer om elke dag bietjie te oefen, bv gaan stap vir 30 minute in die vars lug. Dit blyk dat ligte, gereelde oefening wel teen ME help. Maak ook seker dat jy baie rus en genoeg slaap kry. Indien jy aan depressie ly (iets wat dikwels met ME gebeur), raadpleeg 'n kliniese sielkundige dat jy ook hulp vir hierdie aspek kan kry. Vra jou huisarts om jou te verwys.
Ek hoop jy voel gou beter en verloor ook gewig.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement