advertisement
Question
Posted by: Radelose Moeder | 2003/02/11

Fibromialgie

My 11 jarige seun is 'n week gelede met Fibromialgie gediagnoseer. Hy is voortdurend in pyn: nek, rug, en bors. Die dokter het slegs Aropax voorgeskryf, halwe tablet soggens. Op hierdie stadium is my kind reeds vir 3 weke afwesig, en verloor baie skoolwerk. Die pyne veroorsaak dat sy bene of swaar of gevoelloos raak, wat hom bang maak om te loop. Ek probeer maar troos en bemoedig en weerhou pynstillers van hom. Uit desperaatheid besoek ek al wat 'n webtuiste is wat hierdie siekte lys. 'n Bottel Synthovial 7 is vandag vanaf Amerika versend, wat ek gratis ontvang. Ek wil egter van u weet of daar nie dalk 'n spesialis in Pretoria is waarheen u ons kan verwys nie? Die aanloop tot my kind se diagnose is van so 'n aard dat ek regtig twyfel in my gemoed het. Die onprofessionele optrede van sommige dokters asook verpleegkundiges in die hospitale maak die aanvaarding van hierdie diagnose baie moeilik. Ek hoop dat u tot die kern van my probleem sal deurdring.
Baie dankie
Wilna

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Wilma, Professor Helgard Meyer is een van SA se voorste kenners (indien nie dié voorste kenner nie) op die gebied van fibromialgie. E-pos my by cyberdoc@mweb.co.za en ek stuur jou sy details. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement