advertisement
Question
Posted by: Hannah | 2004/02/29

Erge diafragma en ruggraat pyn

Dit het begin met krampe in my kuite en tone vroeg in die oggend, en soms gedurende die dag. Toe ek weer een oggend wakker word, kon ek gladnie regop kom weens pyn in my diafragma en die rugwerwels teenoor die diafragma nie. Ek moes soos 'n slang seil om 'n sittende posisie te kom omdat ek my midderif gladnie kon beweeg vir die aksie, sonder onsettende pyn nie . Ek kan nie vooroo buk of my bolyf draai sonder om spasmas te ervaar wat soms my asem wegslaan(en onwillekeurge geluide uit my forseer nie). Ek kan ook nie hoes of vinnig asem intrek sonder verskriklike pyn nie. Daar is 'n aanhoudende steekpyn aan die regterkant van die diafragma, hoewel die hele area pynlik is. Asook in dieselfde area agter in my ruggraat. Dit gaan nou al vir bykans drie weke so aan. Ek was by 'n kliniek wat vir my antibiotika, 'n spierverslapper; sterk pynpille en 'n slaappil gegee het. Maar dit bring slegs kortstondige, en bitter weinig, verligting. Dit voel al of ek nie meer langer teen hierdie pyn kan veg nie. Net voor hierdie toestand begin het, het ek .n ernstige asma aanval gehad waarvoor die kliniek Prednisone voorgeskryf het. Ek moes eers 8 tablette neem per dag, toe 4, en toe 2 en 'n Venteze pompie gebruik. Ek neem steeds die 2 pille elke dag, en die spuiitjie indien nodig. My bors is aansienlik beter. Kan u asseblief so spoedig moontlik vir my iets aanbeveel wat hierdie onuithoudbare pynlike toestand kan verlig en opklaar. Sal ewig dankbaar wees want my hele lewe het nou bykans tot 'n stilstand gekom.
Baie dankie,
HANNA

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hannah, die eerste ding om te doen is om x-strale van jou rug en borskas te laat nem want dit klink asof daar ‘n senuwee vasgekny word in jou rug. Verdere stappe sal afhang van wat die x-strale sê. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/10/15

Klink eerder na Tietze Sindroom. Asma, hoes a.g.v. nasale drip, skielike weersveranderinge , inflamasie..... Celebrex of Voltaren 100 setpille bring verligting, maar langtermyn oplossing nog onbekend.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement