advertisement
Question
Posted by: Amy | 2004/11/06

-|- er Spaniël Lewerkanker en Geelsug

My twaalfjarige -|- er Spaniël het baie gewig verloor die afgelope maand. Sy het nou ook opgehou met eet. Ek het haar veearts toe geneem en sy is gediagnoseer met Geelsug en hy het ook twee gewasse op haar lewer opgemerk. Sy het ook kroniese gewrigsontsteking en het die afgelope ±4 jaar Rimadyl gebruik. Ek het ook die Rimadyl afgewissel met Atrhto Ease van Eco Vet. Die Veearts het voorgestel dat ons haar laat uitsit. Sy lyk egter gelukkig, het nie ooglopend pyn nie, en speel nog met ons op haar manier. Ek sal verkies as ons eerder haar Geelsug kan behandel en die gewasse / kanker monitor en/of behandel en dan later van genadedood gebruik maak, as dit die beste uitweg blyk te wees. Ek bekommer my dat sy glad nie meer van haar Vet's Choice - Golder Years on Pedigree sakkies vleis eet nie. Ek het ook pap, graankos en rys probeer. Sover kon ek haar net kry om kaas te eet. Watter behandeling en dieet stel u voor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Daar is spesiale diete vir lewer probleme, alternatief kan u kookkos probeer solank dit laag in vet is en variasie bevat om gebalanseer te wees.

Ek stel ook voor dat die lewer ondersoek word deur naaldaspirate en moontlik biospies te neem (verkieslik onder ultraklank, nie chirurgie nie), om uit te vind of daar werklik kanker is. In die tussentyd stop ook die pynstiller.

In seker gevalle mag die bogenoemde plus ander medikasie soos antibiotika en soms selfs kortisoon (afhangenede van die oorsaak) ook baie help.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Bianca | 2016/01/02

My hond is die afgeloope daar dae baie op geblaas ek het gedink dat sy dalk hartlywig is ek kan ha binne goed voel as ek oor ha magie vryf. Ons het ha behandel met bascopan en laxapet ha maag het wel gewerk. Vanoggend is sy net erger op geblaas en ook sukkel sy vreeslik om asem te haal ek kan sien sy kry bitter swaar ons het haar na n veearts gevat en hy se haar lewer vergroot is. Ek is raad op hy het medekasie gegee maar sy kry so swaar as ek dit vir ha in gee.... asb ek kort dringent hulp of raad sy is al 15 jaar oud?

Reply to Bianca
Posted by: Chill | 2004/11/07

Ek is seker Dr van Zyl sal binnekort sy opinie gee.

Intussen: ek is al aangeraai om 'n ou hond Essentiale te gee, en dis ook wat ek self jare terug moes inneem vir geelsug - probeer dit en sien hoe reageer die hond.

Die ander ding wat jy kan probeer is 'n prduk wat glo omtrent als bevat wat 'n hond benodig: Nutrostim. Dit word in 'n tube verkoop nes tandpasta, en dit lyk 'n bietjie soos marmite. My hond is baie lief daarvoon, hy lek dit sommer op - maar jy kan dit op 'n beskuitjie of 'n stukkie brood sit, of met iets meng. Dis natuurlik nie vir langterm gebruik nie maar terwyl die hond nie wil eet nie weet jy tenminste hy kry darem iets wat sal help om hom aan die gang te hou.

Jammer oor die diagnose, jy is seker baie hartseer. Baie geluk vorentoe - waardeer maar die tyd wat nog saam oorbly.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement