advertisement
Question
Posted by: Ilse | 2005/12/12

-|- er Spaniel haarverlies

Ek het 'n -|- er Spaniel, en haar hare val verskriklik uit. Behalwe dit is haar pels baie vaal ook. Is daar iets wat ek kan gebruik om die hareverlies te beheer? Ek wil haar amper nie eens meer in die huis laat kom oor die hare wat so uitval nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Spaniels kan redelik met velprobleme sukkel, maar daar is natuurlik verskeie vorme van probleme wat haarverlies kan veroorsaak. Ondersoeke sal nodig wees om die probleem te definieer om die regte behandeling voor te skryf. U se ook nie of sy kaal kolle ontwikkel nie, wan6 haarverlies mag ook normaal wees. Die algemene behandeling sal wees om die beste moontlike kwaliteit kos te voer, ohmega 3 vetsure (visolie of flakssaadolie) by die kos te voeg, 'n goeie gemedikeerde shampoe te gebruik (verkry by u veearts) en haar daagliks te borsel om van oortollige hare ontslae te raak.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ilse | 2006/01/12

Nee sy het geen kaalkolle op haar lyf nie, maar het vlooie. Ek gee ook slegs vir haar pelletkos. Maar ek het gehoor Mirra Cote help vir hulle velle en pelse. Ek sal ook Frontline Plus probeer. Ek hoop dit word beter.

Reply to Ilse
Posted by: jaan | 2005/12/13

Jy moet na haar dieet kyk,en of sy nie miskien allergies vir vlooie is nie. Brood en pap wat deel van hul dieet uitmaak is gewoonlik goed en lekker,maar te veel daarvan kan nagevolge he. Soms le die vlooie eiers onder die vel,dit bring ook haarverlies mee. Ek het al bitter alwyn(die plant self) gepluk,gebreek en die melk op aangetasde dele gesmeer,dit het gewerk. Jy se nie of die hare net uitval en/of sy krap nie. As daar soortvan 'n rash is,moet jy haar vet toe vat.

Reply to jaan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement