advertisement
Question
Posted by: Esna | 2004/01/21

Epileptiese aanvalle - Bokser

Ons het 'n bokser van ongeveer 2 jaar en hy het ewe skielik op 30 Desember epileptiese aanvalle begin kry. Die veearts sê dis heel normaal by boksers. Hy is op Lethyl-medikasie tans, 4 pille 'n dag, maar kry nog gemiddeld 1 aanval 'n dag. Enige inligting oor epilepsie by honde sal waardeer word! Is dit bv. veilig om hom bedags by die huis te los as ons gaan werk?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Epilepsie kan 'n primere siekte wees agv breinfaktore of mag sekonder wees tot orgaanprobleme soos lewer, niere, bloedsuiker, elektroliete en selfs kwaadaardigheid in ander organe of die longe. Hierdie toestande word meestal deur bloedtoetse uitgeskakel. Lethyl is die middel van keuse, maar die dosis per hond varieer met 'n faktor van vier, maw twee gelyke bokser honde mag van 4-16 tablette per dag nodig he om die epilepsie te beheer. 90% of meer honde met epilepsie kan 100% beheer word, en as jou hond steeds aanvalle kry moet jy weer jou veearts gaan sien. Gewoonlik word die dosis van Lethyl aangepas tot die aanvalle beheer is en die bloedvlakke van die middel kan getoets word om te weet presies hoeveel in die lioggaam voorkom. As dit werklik nie meer werk nie en hoe bloedvlakke word met bloedtoetse getoon, kan 'n tweede middel, kaliumbromied, bygevoeg word. Geen twee epileptiese honde is dieselfde nie en die behandeling moet spesifiek vir elke hond aangetas word. Jou veearts is die beste een om jou hiermee te help. Byt vas, soos ek se, die meeste honde kan 100% beheer word, bly terug gaan na jou veearts tot julle tevrede is.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town



The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement