advertisement
Question
Posted by: helet | 2007/12/20

epilepsie by my Bull Mastiiff Reun

My reun is 10 jaar oud, oorgewig en het vanaf Oktober maand begin met epileptiese aanvalle. Hy raak rusteloos en angstig en loop op en af en dan val hy neer en kry konvulsies met skuim op sy mond en verstarde oê .As hy bykom is hy verward en baie moeg. Ek gee 5 Lethyl pille vir hom per dag, maar dit gebeur so een keer in 'n maand en veral na 'n baie warm dag. As ek hom meer pille gee is hy so verdoof dat hy nie sy een voet voor die ander kan sit nie, Help ek kan nie my hond so sien swaar kry nie. Hy is soos 'n kind vir my

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dit is baie moeilik om hierdie probleme in ons troeteldiere waarteneem. Gebeur die stuipe omtrent dieselfde week elke maand? Is daar 'n verwantskap met enige spesifieke kos? Is hy verder gesond of ly hy aan ander kwale?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2007/12/20

Praat tog met jou veearts - dis krities om die korrekte dosis vir die hond en die se spesifieke toestand te vind, en dit mag 'n rukkie vat om dit reg aan te pas - dis ook moontlik dat jou veearts sal se jy moet hom dalk 'n bietjie meer gee as dit baie warm is.

Normaalweg is dit goed moontlik om epilepsie te beheer, dus moenie moed verloor nie.

Verdere raad is: kan die hond misskien bietjie gewig verloor - dit sal hom in alle aspekte baat - en, as dit buitengewoon warm is, moenie versuim om seker te maak hy't toegang tot 'n koel plek om te le: 'n teelvloer bv, of iewers wat airconditioning het, of dalk net 'n elektriese waaier. Jy kan hom ook afkoel met water, alhoewel dit in die lang termyn natuurlik nie baie prakties is ne.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement