advertisement
Question
Posted by: SONSKYN-DONDERWEER | 2006/07/17

ENKELMA EN ALLEEN

Ek is geskei vir 'n tweede maal in 1999 - het kinders by my eerste man en bly tans by my ma met die twee tieners. My ma het beheer geneem van die twee en ek voel uitgesluit - seker my eie skuld dat ek nie op my agter voete gestaan het toe hulle jonger was nie - nou is hulle tieners en wel luister nie meer na wat ek se nie.

Ek sukkel finansieel want ek kry net R1200 vir die twee kinders vir onderhoud en verdien self net R5000 'n maand - my ma is 'n "jong" pensioenaris van 57 - maar 'n pensioenaris nie te min.

Ek gaan al 2 jaar uit met 'n man van 53 (ek is 38) - hy kyk na sy ma van 85 en suster van 57 (het osteopirose en kan volgens almal nie na haarself kyk nie - sy het net nie100% gebruik van haar linkerhand nie - sy is regs).

Hy het ook vir my gese dat hy dus nie met my kan trou of finansieel kan help nie - nie terwyl hy vir hulle moet help nie (sy ma kry pensioen - het haar eie huis wat klaar betaal is - en kry ook 'n groot bedrag maandeliks van 'n polis af en het GEEN SKULD NIE!)

Ek raak finansieel al hoe meer in die moeilikheid en oorweeg dit om myself onder administrasie te plaas.

Ek is op anti-depresante (NUZAK) al vir 2 jaar en dit voel nie asof dit help nie!

Kan iemand my help met voorstelle?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

If the tieners grew up with your mom, and have spent relatively little time with you, it's understandable that they will listen more to her than to you. SWA's and Lady Nina's comments are sensible and worth attending to carefully.
Sorting out your financial problems must be a priority, and then the interpersonal ones, and UIm not sure whether antidepressants are going to help, rather than realistic counselling

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: lady nina | 2006/07/17

hi nooi

ek verstaan wat jy moet deur maak en glo dit jy is nie al een wat sukkel nie,

as jy te min verdien moet jou inkomste aanvul of jy moet jou uitgawes sny... anders gaan jy nie uit die gat kom nie

jy kan nie uit op ander se hulp staatmaak nie - dis nie hulle probleem nie

dis moeilik om n verhouding met tieners gesond te hou nevermind een te bou, as ek jy gebuik ek nie teveel energie om n verhouding met die kinders te bou nie, want soos dit is het jy teveel probleme

gebruik jou energie om uit jou finansieele probleme te kom sodat jy met a geruste hart kan slaap, moet nie onder administrasie gaan nie want jy gaan jare afbetaal en jou krediteure gaan bitter min van jou geld kry, gaan praat met almal en stel n begrooting op - EN HOU DAARBY !

sterkte girl

nina

Reply to lady nina
Posted by: SWA | 2006/07/17

Ek dink jy moet gaan sit en besluit waar wil jy begin.

a. Gaan sien al die plekke waar jy geld skuld en maak 'n "deasl met hulle om minder te betaal tot jy weer op jou voete is.

b. Jy moet 'n besluit maak oor die man en dit vir jouself uitmaak of jy wil aangaan met die verhouding onder daardie omstandighede en of jy wil wegbreek en voor begin

c. Gesels met jou ma oor die kinders en gaan sit al vier saam en pluis die ding uit, praat al wat gaa help.

d. Dan moet jy besluit om jouself positief in te stel, op hierdie stadium kyk jy so vir die deure wat agter jou toemaak dat jy nie die sien wat oopmaak nie.

e. Kry jouself eers uit die gat waarin jy is en benader alles uit ''n positiewe oogpunt.

f. Gaan sien 'n professioneel om jou raad te gee oor jou "depressie". Ek glo nie dis depressie, net spanning oor die omstandighede.

Die belangrikste is moenie moed opgee nie. moenie dink aan 'n hopelose einde nie maar aan eindelose hoop.

Sterk wees

Reply to SWA

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement