advertisement
Question
Posted by: O2lean | 2006/10/26

Enigiemand dit al probeer???

Hi, het iemand dit al probeer? En werk dit? Kan jy eet soos gewoonlik (nie pesel nie en minder) of moet jy op 'n spesifieke dieet gaan? As jy daarmee ophou tel jy weer die gewig maklik op? Ekt so 6-7 kg om te verloor vir die Desember vakansie. Dankie aan almal wat raad kan gee...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leser(in)
Ek vertrou dat jy terugvoer van die ander Lesers sal kry. Daar is geen dieetpil op die mark wat jou sal laat gewig verloor sonder dat jy 'n lae-energie-dieet gebruik nie en dikwels is dit juis die dieet, en nie die pil wat die resultate produseer! Kyk op die etiket van die produk of dit epinefrien, pseudo-epinefrien of sinefrien bevat, want dan kan dit baie nadelige newe-effekte veroorsaak, insluitend verslawing. Wees dus versigtig. Die veiligste manier om gewig te verloor, is met 'n 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) te gebruik en dit met die gereelde inspannende oefening te kombineer (sluit dadelik by 'n gym of 'Walk for Life' aan).
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Gesond eet | 2006/10/27

gesond eet gaan ook help . ek het o2lean gebruik en verloor, maar later kon ek dit nie bekostig nie en toe ek regeet en oefen en water drink toe verloor ek presies dieselfde as ek op 02lean verloor het...

Reply to Gesond eet

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement