advertisement
Question
Posted by: Anri | 2006/07/28

Encephalitis

Ek het in 2000 encephalitis gehad. Kan 'n mens se lang en korttermyngeheue aangetas word as gevolg daarvan. Dit is nou al 6 jaar en ek sukkel nog steeds om dinge te onthou. Ek kan nou 'n ding lees of hoor dan het ek weer later vergeet. Ek moet sê ek is geweldig onder stres, want ek is die een wat alles moet doen/onthou. Ek moet selfs vir my man (wat se kop ook nie so lekker werk nie - werkstres) sekere dinge onthou. As dit nie vir hom is nie dan is dit die kind. (Skooltake, sport,ens.) dan nog my eie dinge. Probeer dagboek hou, maar vergeet skoon daarvan ook. Wat moet ek doen!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anri
Daar is 'n verskil tussen vergeet omdat jy te besig is en vergeet omdat jy regtig 'n neurologiese probleem het. Jy kan jou GP vra om 'n MINI-Mental toets op jou te doen om jou geheue vir patologiese vergeetagtigheid te toets maar dit klink nie so nie. Ek sukkel ook met 'n dagboek maar "Stickies" wat ek teen die yskas, dashboard, stoof of my tafel plak werk nogal!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement