advertisement
Question
Posted by: elsa | 2007/03/30

emosionele verwaarlosing

ek is 42 en my man 47. Ons is getroud vir 25 jaar. Ja ons is baie vroeg getroud. my kinderlewe was nie so goed nie. my man is n wonderlike man en almal hou van hom. hy sorg baie goed vir ons en almal kyk op na hom. hy is altyd beskikbaar vir enige mens se probleme. hy is altyd so happy go lucky en maak altyd grappies. ek is weer baie stil en kom baie stuurs voor. in my ouerhuis was dit amper asof ons eers toestemming moes vra voor ons praat ens. daar was baie min spontane laggies en grappies. my pa was n alkolis. die uiteinde is dat ek nie spontaan is nie. die probleem is dat ek meer nodig het in die huwelik. my man is glad nie die romantiese tipe nie. hy sal die standaard woorde se "jou hare lyk mooi" as ek by die haarkapper was ens, maar daardie bewondering wat ek dink n man vir sy vrou moet he. is nie daar nie. Wanneer ons seks het sal hy nooit my soen of net vashou nie. Hy gaan byna onmiddelik na die privaatdele. Die seks is fantasties maar volgens my net te min. Dit was die een area waar ek aandag, liefde en bewondering gekry het. nou dat dit so min is voel ek afgeskeep en partykeer baie gefrustreerd. ek is oorgewig maar probeer altyd iets daaromtrent doen. ek probeer altyd goed versorg lyk en is baie jonk vir my ouderdom. ek het ’n motorfiets en geniet die lekker dinge in die lewe. ek hou van seks en is nie oudtyds of preuts daaromtrent nie. miskien is ek onrealisties in my verwagtinge. is dit te veel gevra dat my man my moet liefhe (en dit wys) ek verwag nie hy moet heeldag en aldag vir my vertel hoe lief hy my het en soentjies en drukkies nie, maar af en toe darem se hy is lief vir my of as hy nie kan nie n blommetjie gee. Hy het nog nooit blomme in die 25 jaar vir my gegee nie. (ek jok, hy het een keer toe iemand anders sy blomme op die trein vergeet het, het hy dit gebring.
as ek onversorg en verslons was kan ek verstaan dat hy nie aan my wil vat nie. dit is in my mening hoekom so baie vroue val vir ander mans se vleitaal want hulle is uitgehonger vir hulle eie mans se aandag.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Mariage counselling would be a really ood idea --- not because there is something wrong with either of you, but because it's cleaer you could both get more pleasure from your relationship, sexually and emotionally, and you both deserve to do so.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: elsa | 2007/03/30

Baie dankie dat jy geantwoord het. Jy verstaan presies hoe ek voel. Ek wil onder geen opsig van my man skei nie ek is baie lief vir hom maar ek voel hy behoort ook darem van sy kant af my behoeftes te verstaan. Dit help nie om met hom te praat nie want hy sê net dat hy sy liefde / waardering aan my wys deur vir ons ’n pragtige huis / motor en sekuriteit te gee. Miskien is ek ontdankbaar in my verwagtings en miskien lees ek te veel liefdes stories. Ek verwag eintlik nie te veel van hom nie, net af en toe ’n drukkie en regtig af en toe die woorde ek is lief vir jou en ek waardeer wat jy vir my beteken. Bid eerder dat ek die situasie sal aanvaar en sal waardeer wat ek het, want ek het.

Reply to elsa
Posted by: Danele | 2007/03/30

Hi Elsa,

Ek hoor presies wat jy se, ek het ook die wonderlikste man gehad onder die son (al ons vriende en familie kon nooit uitgepraat raak oor hoe great hy is nie). Hy het my altyd bederf met naweke weg en 'n tydskrif onder my kussing, weggesteekte sjokolades...MAAR hy kon ook nooit vir my sy waardering wys nie. Ons was 14 jaar saam, 8 jaar getroud. Ek is 'n aantreklike vrou, en moes gedurig by my kollegas hoor as ek mooi gelyk het die dag, maar ek onthou hoe ek altyd soggens so gehoop het my liewe man sal dit ook vir my se. Hy't nie eens agtergekom as ek iets aan my hare gedoen het nie. Ja, ons het wel baie weggegaan, maar ek is baie avontuurlustig en sou so graag wil gaan stap of swem, maar as ek weer kyk, le en slaap hy, al is ons op 'n romantiese bestemming. Ek het alleen en afgeskeep begin voel. Ek het rerig begin glo hy's nie meer lief vir my nie, en toe gebeur dit so dat iemand by die werk vir my al die dinge begin se wat ek net by my man wou gehoor het. So ja, jy's reg - mans moet leer om hul waardering en liefde vir hul vrouens te wys. Vandag se vrouens gaan nie meer soos hul ma's en ouma's die strooi vat nie. Ek het nie. Ek het my goed gevat en geloop, ek is in Januarie 2007 geskei.

Maar met dit alles, sukkel ek vandag om my eks te vergeet. Ek is nog baie lief vir hom, maar moet myself net heeltyd herinner hoekom ek weg is en hoekom ek nooit weer sal teruggaan nie.

My raad aan jou is om dit reguit en eerlik met jou man uit te praat. Hy klink na die tipe wat sal luister en verstaan. WIl jy rerig vir die volgende 20 jaar met hierdie onvervulde gevoel rondloop?

Sterkte!

Reply to Danele

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement