advertisement
Question
Posted by: Michelle | 2005/07/21

Ekseem middels

Hallo,

Ek wil net graag uitvind my seun 14 jaar het EKSEEM Hy kry dit gewoonlik in die winter en hy het dit al van babadae af... Ek gebruik tans E45 room op hom en het dit nog altyd gebruik. Nou het ek gehoor ek moet ELIDEL gebruik en asook Oilatu in sy badwater gooi.

My vraag is wat is Elidel en hoe moet ek dit gebruik, en Oilatu wat is dit en waar kan ek dit gebruik, ons is by Discovery sal die medies daarvoor betaal?? En wat is die pryse vir altwee as ek dit -|- ant koop, of moet ek n voorskrif kry vir dit??

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Michelle

Elidel bevat 'n middel met 'n imuunonderdrukkende funksie wat onder meer aangedui word vir gebruik in ekseem- Dit word normaalweg 12 uurliks aangewend (na 'n bad, op droe vel slegs aan aan die aangetasde dele). Dis egter 'n voorskrifitem en jy sal met jou dokter oor die gebruik daarvan moet gesels. Discovery behoort hiervoor te betaal mits dit op voorskrif is.
Oilatum olie werk deurdat dit 'n dun lagie olie op die veloppervlak laat en sodoende verhoed dat vog van die veloppervlak verdamp. Die olie kan by 'n bad gevoeg word of selfs as seep gebruik word tydens 'n stort. Nadat dit in die bad gebruik is moet die vel eerder droog 'gedruk' word in plaas daarvan om dit drrog te vryf - Sodoende bly die oilatum langer in kontak met die vel. Dit het NIE 'n voorskrif nodig nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement