advertisement
Question
Posted by: Lu-lu | 2006/11/07

EKG vragie

Dokter, ek's 'n 36 jr vrou. Ek is redelik gesond, rook nie, ens....Ek't 'n baie slegte familie geskiedenis van hartaanvalle. Omdat ek al pyn in my bors en al die gepaardgaande simptome van angina ervaar het, is daar al by 3 geleenthede 'n EKG van my hart geneem. Die dr is te vrede met die ondersoek en kon niks vind wat tans problematies is nie. Wat egter vir my vreemd was is dat in al 3 EKG's my QRS kompleks "onderstebo" was. Is dit iets wat normaalweg kan voorkom, of waardeur word dit veroorsaak?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Lu-Lu,

Dit is nie duidelik of jy by jou famielidokter was, of by ‘n kardioloog nie. Met jou geskiedenis en jou borspyn simptome, behoort jy wel deur ‘n kardioloog ondersoek te word. ‘n “Onderstebo” QRS in alle EKG’s is beslis nie ‘n algemene bevinding nie, en jy behoort dus ‘n spesialis se opinie hiervan te kry. Dit mag verklaar word deur jou anatomie, maar weereens, is dit ‘n opinie wat spesialis kennis nodig het.

Ek hoop dat daar ‘n eenvoudige verklaring hiervoor gevind word.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement