advertisement
Question
Posted by: ZET | 2004/10/25

Ek is vet

EK HET U HULP NODIG, EK IS 'N 15 JARIGE MEISIE EN HET GEWIG PROBLEME. HET AL ALLES PROBEER, MY MA SE EK IS NIE VET NIE, MAAR EK WORD GESPOT. EK IS IN 'N KOSHUIS, EN WIL BITTER GRAAG GEWIG VERLOOR VOOR DESEMBER MAAND. EK GIM 2-3 'N WEEK EN EET NOGAL GESOND, MAAR EK BLY VET. WAT MOET EK DOEN? ASB HELP MY, EK VRA BAIE MOOI. ASB!!!!

ZET

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Zet
Ek wil jou graag help, maar ek kan nie oordeel of jy oorgewig is, al dan nie. Jy moet jou BMI uitwerk, doen dit soos volg: jou lengte in m x jou lengte in m (bv. 1,5 x 1,5 = 2,25). Dan deel jy jou gewig in kg deur die antwoord wat jy met jou lengte gekry het, bv gewig 52 kg gedeel deur 2,25 = 23,1 - dit is jou BMI. Indien jou BMI tussen 18 en 25 is, is jou gewig normaal en dan hoef jy nie te dieet nie. Indien jou gewig tussen 22 en 25 val, dan wil ek aanbeveel dat jy elke dag oefening doen om jou gewig bietjie te verminder en om jou mooi ferm te maak. As jou BMI bo 25 is, dan wil ek aanbeveel dat jy 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) saam met die oefening probeer. Die algemene houding onder voedingsdeskundiges is dat jong mense, veral meisies liewer hulle gewig met gesonde oefening moet beheer as om te dieet, want julle is altyd aan die gevaar van eetsiektes blootgestel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: science | 2004/10/26

Se gou eers hoe lank jy is hoeveel jy weeg? dan kan ons jou help.

Reply to science

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement