advertisement
Question
Posted by: Weet nie meer nie | 2004/09/27

Ek hoop regtig iemand kan my help

Ek dink daar is iets fout met my en ek het regtig hulp nodig want ek is besig om dieper en dieper in 'n gat te klim wat ek nie dink goed gaan wees vir my nie.

Ek het nog nooit 'n behoorlike vaste verhouding gehad nie - "Flings" al te veel - meeste van hulle het ek gehoop sal uitdraai in vaste verhoudings maar dit was ook net hoop gewees. Ek het al so veel ouens ontmoet en dan is dit altyd dieselfde hulle hou altyd van my in die begin - verskriklik baie - maar na so 2 weke dan los hulle my - en ek weet dat dit nie iets is wat ek verkeerd doen nie.

Ek weet ek het darem 'n nice personality want ek het al baie die kompliment gekry en ek weet ook dat ek mooi is want ek het dit ook al baie gehoor en ek het nogal 'n goeie selfbeeld ook - maar daar moet iets wees wat ek doen.

Ek het al met party van die ouens gepraat wat my gelos het maar hulle kan nie vir my 'n defnitiewe antwoord gee nie dis altyd van: Dis nie jy nie, dis ek.

Asseblief as iemand kan help my GROOT ASSEBLIEF

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hello wnmn,
" ek weet dat dit nie iets is wat ek verkeerd doen nie." and "maar daar moet iets wees wat ek doen." Confusing, isn't it. Actually, I think Zeena's response is valid and worth thinking about. Remember, she wasn't saying that you ARE "maklik", but that you might at times SEEM to be, and men's reactions to such a perception are fairly predictable. Maybe you come across not so much as "easy", but as a bit more intense, passionate, complex than they can handle ( men are generally not nearly as adventurous as they like to pretend to be ).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Wannahelp | 2004/09/28

As jy my postings lees mag dit dalk lyk of ek al die wysheid in pag het, maar ek sukkel ook maar met 'n klomp goed. Dit help al as jy weet wat die waarheid is. Ek sukkel ook om vriende te maak. Ek is nou wel getroud, maar iets in my skrik mense af en ek weet nie wat dit is nie. Miskien is ek te hard of te veroordelend, krities, watookal. Ek weet werklik nie waarom ek so sukkel met verhoudings nie. Ek en my man is baie goeie vriende en hy help my baie. Soms druk hy my bietjie sodat ek buite my comfort zones beweeg. Ek is 'n introvert, maar loop ook met my hart op my skouer rond. Ek weet dis ook nie altyd goed nie. Miskien kan ons mekaar help. Iets wat ek moes besef voordat ek my trouman gevat het, is dat 'n huwelik nooit op liefde gebou kan word nie. Die eerste bousteen is "die wil van die Here". Liefde met eerste oogopslag bestaan nie. Daar is die gevoel van "awe" soms, maar dis nie liefde nie. Liefde groei oor tyd, want dis 'n besluit en nooit 'n gevoel nie. Die eerste stap is om vir God te vra wie is jou deksel. Wees rustig en Hy sal op die regte tyd vir jou jou deksel gee. Onthou ook dat jy nooit vervulling in 'n man sal vind nie, maar net in 'n verhouding met Jesus. 'n Man is net 'n mens soos jy wat ook foute het. Moenie te hoë verwagtinge oor jou "droomman" hê nie. Die media en flieks verf 'n mooi onrealistiese prentjie.

Reply to Wannahelp
Posted by: weet nie meer nie | 2004/09/28

Ek is in london - in die ooste - naby leyton en leytonstone E11

Reply to weet nie meer nie
Posted by: Adam | 2004/09/28

Sommer nuuskierig - waar is jy?
Laat ons weet as jy besoek aflê - dalk kan jy een van die get togethers bywoon!

Reply to Adam
Posted by: Weet nie meer nie | 2004/09/27

Baie dankie vir julle almal se raad, ek weet darem dat ek nie 'n maklike meisie nie, maar een ding wat ek ook verseker van weet dat ek te vinnig my volle gevoelens vir ouens wys en ek glo dat dit hulle maar seker bietjie afskrik.

Ek het al probeer om dit nie te doen nie maar dis maar lekker moeilik. Ek is ook nie eager om te please nie - my ma het my darem daai bietjie mooi geleer.

Regtig, baie dankie vir julle raad ek sit op die oomblik 11 000km van SA af en dis wonderlik om te weet dat daar nog mense is wat omgee!!! :)

Reply to Weet nie meer nie
Posted by: MaarNetMan | 2004/09/27

Weet Nie Meer NIe - daardie mans, was niks werd. ek sal wat gee, om iemand soos jy te kan he. Nie net oor Zeena se jy is maklik nie, en al die raad wat Zeena gegee het, die feit bly staan, dat jy wonderlik is en al die mans wat se dis hulle, DIT IS HULLE. Elke pot kry sy deksel Ek Weet Nie Meer Nie, net jammer ek ken jou van geen kant af nie.

Daar is verskillende mans net soos wat daar vrouens is, en in ons mans wereld word ons net soos wat jy behandel word, ook gebehandel. My punt is dat ek weet hoe jy voel en het opgegee om die eerste meisie om die eerste hoek te vang. Kyk eers die kat uit die boom en moenie dat enige man, net soos Zeena ook se, jou swakhede vinnig raaksien vir 'n bietjie liefde en hulle kry presies wat hulle wil he nie, en dis nie liefde nie.

Sterkte en ek hoop jou pot se deksel, net soos myne, kom gou.
Groete

Reply to MaarNetMan
Posted by: Zeena | 2004/09/27

Jong, kan ek reguit wees? Jy laat my dink aan my beste vriendin (jare gelede se storie). Sy was ook mooi, en het maklik mans aangetrek, maar al haar "verhoudings" (gewoonlik net 'n paar weke lank) het op mislukkings uitgeloop. Jy weet, ten spyte van vandag se vryhede ("ons het pas ontmoet, maar spring in die bed") vergeet meisies dat mans tog in hul harte maar die jagter wil wees. My vriendin is uiteindelik eers in haar 40-er jare getroud, en toe hou die huwelik net 5 jaar.

Is jy nie te gretig nie? Te "maklik"? Mans wil dit nie regtig hê nie. Volgende keer as jy 'n gawe ou ontmoet, wees ontwykend. As hy vra of julle die aand kan uitgaan, dan sê jy nee, jy het reeds ander reëlings getref. Laat hy daarna 'n bietjie oor jou raai. Moenie verspot geheimsinnig wees nie, maar moenie alles omtrent jouself blootlê nie. Laat hom wonder oor jou. Wees soms net nie beskikbaar nie. Moenie altyd jou foon beantwoord nie. Moenie, asseblief, sommer net bed toe gaan met hom nie, al is dit die "mode". Laat hom goed verstaan jy is doodgelukkig met die mens wat jy is, met die werk wat jy het, met die lewe wat jy lei, en jy is NIE verleë oor hom nie. Dit is dinge wat hulle aantrek.

Jy sal sien, as hy onseker is oor jou, en as jy 'n eie, besige lewe van jou eie het, gaan hy langer belang stel. Mans is NIE, glo my, geïnteresseerd in "clinging vines" nie. Wees jou EIE MENS en moenie afhanklik wees van 'n man nie. Gaan uit met vriendinne, doen jou eie ding, en al dood jy oor hom, moenie hom te gou laat sien hoe jy voel nie. Dis die 21ste eeu, die 1000 jaar van die vrou! Ons het mans nie soooo dringend nodig nie ... Laat dit jou "attitude" wees.

Reply to Zeena

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement