advertisement
Question
Posted by: Romè | 2007/03/30

Ek het raad nodig

Ek is nou twee en 'n half jaar geskei. Het 'n wonderlike man ontmoet maar hy het 'n probleem met vertroue. Sy vorige vrou het al sy vertroue in vrouens afgebreek en nou trek ek in die kortste ent. Ons woon 'n 100km van mekaar en sien mekaar net oor naweke. Ek gaan volgende week vir 'n groot operasie en gister het my foon mal geraak a.g.v. almal wat wil weet hoe laat ek gedoen word en waar (my familie bly almal vêr van my af en moet reelings tref om deur te kom). Hy kon my nie dadelik in die hande kry toe hy na my selfoon toe gebel het nie want ek was besig om met my pa te praat. Hy het vir my 'n baie lelike sms gelos wat sê dat hy my gebel het maar ek was te besig om met 'n ander man te chat dat ek nie met hom wil praat nie en dat hy nie 'n poepol is nie. Ek het hom terug gebel en gesê dat ek met my pa gepraat het en sy woorde was dat hy dit maar moeilik glo. Ek het 'n groot familie en is die enigste dogter tussen 4 seuns en hy hou nie eens daarvan as een van my broers my bel nie, want dan praat ek met ander mans. Hy sien nog gereeld sy ex want hulle het 'n kind, maar sy ex mag nie van my weet nie en wanneer hy by my is en sy bel moet ek dadelik my mond hou en hy praat met haar asof hulle nog saam is en ek begin nou moeg raak vir die storie. Ek het ook kinders by my ex, maar die verskil is dat my ex weet van hom en ek maak hom nie stil as my ex bel om met die kinders te praat nie en as hy met ander vrouens praat gooi ek nie my poppe uit nie, sy werk is soos myne, ons werk met baie mense, mans en vrouens. Het enige iemand vir my raad want ek het nie meer lus vir die "hide and seek game" wat gespeel word nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

He sounds rather insecure and unhelpful in your time of crisis, doesn't he ? And being jealous of your father and brothers, is simply ridiculous. Is he really ready for and capable of an adult relationship with you ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: MIA | 2007/04/01

Hi Rome, Was daar, het die T-shirt.
Luister so 'n persoon verander nooit, glo my.
Was 5 jaar saam en dit word net erger. Soveel so dat aanranding plaasgevind het. Sulke mense kan werklik nie hulleself help nie, en is wonderlik alles hulle way gaan en daar nie volgens hulle "opposisie" vir jou aandag is nie
Nie lekker alleen nie, maar ek belowe jou dit kan hel word saam met so 'n persoon.
Sterkte met jou operasie

Reply to MIA
Posted by: FlowerChild | 2007/03/30

Weet jy, Romè....ek weet jy is lief vir hom en al daai klas van dinge, maar op die "long run" is dit beter vir jou om NOU aan te beweeg. G'n mens sal so kan lewe met iemand wat so in oormaat jaloers is nie. Dit sal jou later mal maak en dis `n waarborg.

Dat hy oor sy pyn en issues kom en dan kan julle weer probeer (sou jy nog beskikbaar wees).

Ek kry hom actually jammer, want hy kan nie regtig help daarvoor nie, maar jy kan ook nie so lewe nie en hy het die opsie om vir berading te gaan.

Reply to FlowerChild
Posted by: Romè | 2007/03/30

Dankie almal, ek weet nie of ek lus het om nog 'n kind groot te maak nie en dit is hoe hy hom nou gedra. Ek is regtig lief vir hom, maar genade ek kan ook net soveel hanteer. Die dae wat hy my nie sien nie, bel hy gereeld en as my foon besig is of af is gooi hy 'n tantrum wat skrik vir niks. Ek was nou by die dokter oor Dinsdag se operasie en my foon was af, hy het my baas gebel om te hoor waar ek is en wat ek doen. Ek dink nie hy is reg vir 'n verhouding nie en van berading wil hy niks hoor nie, dalk is dit tyd vir my om aan te beweeg.

Reply to Romè
Posted by: FlowerChild | 2007/03/30

Dis erg; baie erg - jaloesie is `n lelike ding in oormaat. Hierdie is definitief so `n geval. Dit is 'unbelievable' dat jy nie eers met jou broers mag praat nie. Wil jy regtig die res van jou lewe so leef?

Wat maak die man met homself in die week as hy jou nie sien nie? Gaan hy dan nie van sy kop af as hy nie kan sien wat jy doen en waar jy is nie?

En dan het hy die "cheeck" om jou stil te maak as hy met sy ex praat en dat sy nie van jou mag weet nie.

Al wat ek sê is om baie mooi te dink oor jou toekoms saam met hom.............

Reply to FlowerChild
Posted by: groen | 2007/03/30

Jaloesie is darem maar 'n lelike ding....

Reply to groen
Posted by: Echelle | 2007/03/30

Gewoonlik is die skuldige een die een wat worry! Dalk is hy skuldig oor iets en dink jy sal ook dan so iets doen!

Reply to Echelle
Posted by: elna | 2007/03/30

jammer om te sê, maar ek dink die situasie gaan net vereger met tyd. dit is maklik vir my om te se jy moet hom los, maar miskien met berading kan hy oor sy jaloesie kom. is die verhouding vir jou die moeite werd om te red, indien ja soek dan hulp. indien nie raak ontslae van hom

Reply to elna

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement