advertisement
Question
Posted by: nellie | 2007/12/09

Dwelms

Hi dokter
Ek is net naskuurig...
'n Meisie wat ek ken het geboorte gegee aan 'n baba dogtertjie en sy is 'n week na geboorte oorlede. Sy was 2 maande te vroeg gebore en haar longetjies het platgeval, maar ek is nie heeltemal seker wat presies die oorsaak was nie.

Nou sy het dwelms gebruik, ek weet nie hoe gereeld nie en ek weet nie watse dwelms presies nie maar ek is seker sy het nie tydens die swangerskap nie.

Ek het al baie gehoor dat dwelms (natuurlik) nie goed is vir die baba nie.

Ek het nog nooit delms gebruik nie maar ek weet my ou het toe hy jonger was deur 'n staduim gegaan wat hy alles getoets het wat hy kon. Ons is al drie jaar saam en hy het nog nooit weer enige dwelms gebruik nie maar ek wil net 100% seker indien ons kinders het, sal dit enige iets aan ons kinders doen?

Baie dankie vir die raad - dit word opreg wardeer :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nellie
Dwelms kan abnormaliteite in die ontwikkeling van babas, vroeggeboortes en afwykings veroorsaak. Die risiko is hoër as die ma dwelms gebruik omdat die babatjie in haar baarmoeder ontwikkel en afhanklik is van haar bloed vir voeding en ontwikkeling.
Wat die pa's betref, kan dwelms die aktiwiteit van sperm en die kwaliteit van die sperm negatief beinvloed. Dagga kan dalk aanleiding gee tot "cot death" sindroom.
Dr BEts

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement