advertisement
Question
Posted by: Cornel (alweer ekke) | 2007/11/29

Duiseligheid/moegheid

Hi doc.

(verwys 2111/2156)

Vir die afgelope 2 dae klop my hart reëlmatig! En ek gebruik geen medikasie nie! Ek het nog oor die naweek elke nou en dan 18 "mis slae" per minuut gehad en hartkloppings, maar nou mis hy miskien 1x in 'n uur! DIS MOS GOEIE NUUS! Hartklop is gemiddeld 80. Dis nou 3 weke na die Ablasie.

Ek het egter nogsteeds ‘n probleem:

Ek is baie duiselig/lighooftig vandat ek die Prosedure gehad het. Dis nie VERTIGO nie (het dit al van tevore gehad na narkose, so ek ken die gevoel).

Nee, hierdie is 'n gevoel van ek gaan nou uitpass en ek voel met tye asof dit wil donker word! Ek dink ook nie dit is as gevolg van my lae bloeddruk nie, want die gevoel verander of vererger nie as ek opstaan of gaan lê nie. Ek het ook al probeer kyk of dit nie uit my nek uit kom nie (dalk spasma), maar my nek is nie seer of styf nie en dit voel nie asof daar ‘n verskil aan die duiseligheid is as ek dit beweeg nie. Ek voel so, al lê ek stil op die bed of al sit ek of al loop ek. Ek kry ook nog somtyds die steekpyne/brandgevoel in borskas-area wat kom en gaan (normaal weg wanneer ek rustig sit of lê).

Ek sukkel ook met energie-vlakke/moegheid wat nie wil verbeter nie. Ek was al so moeg gewees voor die Ablasie. Ek het net gehoop die Ablasie sal dit uitsorteer. Ek eet gesond, drink MINAMINO en oefen elke 2de dag so vir 15 minute, maar ek is teen 5-uur die aand kapoet en teen 8 uur wil ek gaan slaap! Ek slaap gemiddeld sowat 8 ure ‘n nag.

Ek het onlangs Sept. ‘n Gastroskopie gehad (yster vlak was 6.6) en meds gekry vir EROSIE, asook ‘n hormoon-inplanting 2 weke gelede (2x Estradiols en 1x Testosteroon) want Hormoonvlak was 147 (het 2 jaar terug Hyst gehad maar het nog albei eierstokke).

Dis baie frustrerend. Ek is 32 jaar oud, nie 81 nie en het ‘n loopbaan, ‘n man en 2 kleintjies om te versorg.

Het Doc dalk ‘n idee van wat die duiseligheid/moegheid kan veroorsaak?

Jammer vir die lang boodskap...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
is jou Hemoglobientelling ok? Dit kan wees van te min rooibloedselle in jou sisteem ( dat jy nie genoeg suurstof na die brein kry nie) Hoe lyk jou bloeddruk?
Sekere middels soos alpha blokkers kan dit ook veroorsaak.
Kyk hierdie artikel: http://www.merck.com/mmhe/sec03/ch023/ch023b.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement