advertisement
Question
Posted by: Boeboe | 2007/12/18

Duiseligheid & hoofpyn

Ek het vir die afgelope vier dae al verskriklik hoofpyn, maak nie saak wat ek drink nie dit gaan net nie weg nie, ook verskriklik lighoofdig, duiselig en dronk in my kop. Was gister by die dokter maar het sy sulke hoe terme gebruik dat ek nie kop of stert uit kon maak nie. Iets te doen met my ore, sy het my ook gestuur vir n vol bloed telling.

Malaria toets negatief, suiker en bloedruk normaal.

Wat is die oorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Boeboe
Hierdie kan 'n tipe migraine wees wat die area in jou brein aantas wat jou balans in jou ore beheer ( vestibulere of basilere arterie migraine) . Die volbloed telling het sy gedoen om enige infeksie uit te skakel. As dit nie beter word nie, vra sy moet jou verwys na 'n neuroloog vir verdere ondersoeke?
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: sakkie | 2008/07/28

ek kry vreeslike hoofpyne en ek weet nie hoe om die te keer nie. die dokter sê  dis as gevolg van hoë  bloedruk dat ek so baie erg hoofpyne kry. is daar enige iets wat ek kan gebruik om my bloedruk te verlaag?

Reply to sakkie
Posted by: Ekke | 2007/12/18

Ek het dieselfde simptome. Al wat ek by het is 'n yskoue sweet wat van my voete af opstoot tot by my kop. My lyf is dan yskoud en sweterig. Alle toetse al gedoen selfs MRI ens maar hul kon niks kry nie.

Reply to Ekke

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement