advertisement
Question
Posted by: TAZ | 2007/06/25

DRYWENDE KOLLETJIES

Haai Dr

Ek sal graag wil weet wat veroorsaak dat n mens partykeer drywende kolletjies sien. Partykeer is dit swart kolletjies en partykeer wit kolletjies. Dit gebeur enige tyd. Nie as ek spesifiek iets gedoen het nie. Vanoggend toe ek my deur toe trek, toe sien ek dit. Nou die aand terwyl ek geoefen het, het ek dit gesien. Maar net gewonder wat dit dalk kan wees.

Baie dankie vir U tyd...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste Taz
Ons noem dit "floaters" - dit is onreelmatighede in die oogbal, gewoonlik agv normale ouderdomsveranderinge hoewel dit meer algemeen is in diabete, mense wat nabysiende is, of operasies gehad het. Soms gaan dit gepaard met infeksie, inflammasie, bloeding, retinale skeure of oogbeserings. Daar is geen behandeling nie. As dit vir jou meer opvallend word stel ek voor jy gaan net vir 'n roetine ondersoek by 'n optometris om seker te maak daar is nie probleme nie..

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement