advertisement
Question
Posted by: Liza | 2007/04/16

Droe vrugte

1. Ek eet dikwels droe vrugte, just fruit stafies asook droe perskes. Is dit net so gesond soos vars vrugte?
2.Ek eet ook nie baie groente nie maar 5 porsies vrugte meestal droog, soms vars en drink graag tamatiesap.

Sal ek al die vit inkry wat ek moet?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liza
Droë vrugte is uitstekende bronne van dieetvesel, vitamiene, beta-karoteen en minerale (bv. yster in rosyntjies). Dit bevat egter nie altyd dieselfde hoeveelheid vit C soos vars vrugte nie. Uitsonderings is koejawel-stafies, en ander dore vrugte wat koejawel bevat. Die tamatiesap wat jy drink, sal egter opmaak vir die vit C en likopeen ('n voedingstof wat ons teen kanker beskerm wat baie ryklik in tamaties, veral verwerkte tamatieprodukte gevind word). As jy wel ten minste 5 porsies droë vrugte en jou tamatiesap inneem elk dag, dan behoort dit op te maak vir die gebrek aan groente. Oorweeg dit om soms tog 'n bietjie groente te probeer (mits dit wel in jou deel van die wêreld beskikbaar is), sodat jy daaraan gewoond word.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: HELLO | 2007/04/17

hi daar Liza

eks nou nie n expert nie maar ek dink dit knink goed genoeg! maak net seker nie die stafies met die suiker om nie, ek dink dis dalk bietjie baie - maar ek kan verkeerd wees. ek dink inelkgeval die warvan jy praat het nie suiker om nie, ne?
tamatiesap is goed, ek hou ook daarvan.

ek dink om vrugte en groente op sy natuurlikste te eet is altyd die beste, maar ten minste eet jy darem vrugte, ne?! pasop net vir sommige droe vrugte, daars baie perseveermiddels/tartazine in.(sekerlik nie almal nie) ek weet baie keer begin ek nies en slaan dit my asem weg as ek party droe vrugte eet.

maak gerus vir jou groente ook! stoom dit net so bietjie dit hoef nie papgkook te word nie, en so kry jy die meeste vitamiene en voedingswaarde in. eks mal oor groente sô en krummel som feta by, dit smaak heerlik saam!daars so baie vars groente om van te kies!

onthou om genoeg water te drink as jy so baie vrugte eet, want dit bevat baie vesel en kan maag bietjie verstop. onthou té veel vrugte = heelwat suiker so probeer jou porsies vervang met groentes.

onthou die water en dat hoe natuurliker, hoe beter.meeste gevalle dink ek. onthou ook jy kan inelkgeval n multivitamiene aanvulling gebruik net om seker te wees. ek dink nie jy kan te veel inkry nie (doc correct me if im wrong ASB - sal graag wil weet of dit waar is) maar ekt al gehoor jou liggaam skei oortollige vitamienes uit as dit die nodige geabsorbeer het. ek gebruik nutriB al vir baie jare en stick nog altyd daarby.

maar kom ons kyk wat se doc eks seker sy sal vir jou die beste antwoord kan gee!
dies maar net my opinie.

groetnis
;)

Reply to HELLO

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement