advertisement
Question
Posted by: Petro | 2003/03/13

DRINGEND Raar, erge ekseem - voorskrif

My dogter van 9jaar oud was by 'n spesialis dermatoloog wat vir haar 10 - 25mg chlorpromazine en 25mg Imuran (50mg as die bloedtoetse geen newe effekte toon nie) en verskeie rome voorgeskryf het. Ek wil net weet of daar wel enige newe-effekte kan wees en wat dit is. Die medisyne is vreeslik duur, en aangesien sy vir amper alles allergies is, wil ek nie sommer 'n kans vat nie. Volgens die dokter is dit die enigste medisyne wat wel gaan werk. Sy was al by 10+ dermatoloe en ek is so bang dit kan erg nadelig wees veral omdat sy al verskeie male op kortisoon was. Kan u my asseblief spoedig moontlik inlig. Dis nogal dringend.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Petro, die Imuran® is ‘n immuun onderdrukker en kan redelike ernstige gevolge hê. Dit kan onder andere die beenmurg, maagdermkanaal en lewer aantas. Die beste sal wees om die saak met haar spesialis te bespreek. Die antihistamien wat sy gebruik is veilig. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement