advertisement
Question
Posted by: ROBOT | 2008/01/07

DRANKPROBLEEM

Ek wil baie graag weet hoe oud sal 'n man sord wat op hierdie oomblik 44 is, 198cm en 95kg. My man drink kwaai, bedoelende van vrydag middag tot slapenstyd / saterdag van vroeg oggend tot laat nag. Sondag die selfde. Maandag, Dinsdag dalk 2biere maar van woensdag aan, Donderdag aand begin die siklus weer. Hy drink bier brandewyn en rooiwyn. Hy eet gesond wanneer hy eet, maar soos oor naweke is dit 'n stryd om hom te laat eet. Heeldag op sy voete, tel swaar dinge op. Lyk nog goed. HOEKOM ek die bg vraag vra is hoelank kan so 'n persoon se ligaam hierdie behandeling oorleef??? Ek kom die volgende agter:
1. Kort termyn geheue nie altyd goed
2. Gewrigte pyn kwaai, ly aan psiorase en die alkohol vererger dit.
3. Wanneer hy nie by drank kan uitkom is sy humeur baie kort. Bv
hy het noudie dag 'n winkel venster stukkend geslaan.
4. Maag probleme, kan nie vetterige kos of braaivleis eet nie.
5. Impotent met tye.

Ons is al amper 20jaar getroud, so ek baklei nie meer hieroor nie, want dit veroosaak te veel konflik, en dit help in elke geval niks nie. Wet nie of is dit 'n voordeel maar ek het hom sover gekry om nie meer te bestuur nie, so hy drink meestal by die huis.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Robot
Dis moeilik om te sê dit hang baie af van hoe sterk sy lewer is en hoe sy aangebore weerstand teen drank is. Oormatige drank gebruik lei uiteindelik tot brein atrofie ( Korsakoff psigose), lewer versaking met bloedings en vog in die buik, spierswakheid, impotensie, maagsere, hoë bloeddruk en hartversaking en diabetes.
Hulle leeftyd kan tot met tussen 14 en 25 jaar verkort word afhangend van hoe gou die lewer handdoek ingooi!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: ROBOT | 2008/01/07

BAIE DANKIE vir die inligting, nou kan ek meer oor die siektes in wording lees.

Reply to ROBOT

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement