advertisement
Question
Posted by: Gemotiveerd | 2006/11/01

Draf en Dieet

Hallo Doc

Ek weeg 79.5 kg en is 1.64 m lank met die uiteinde dat ek omtrent 11 tot 13 kg oorgewig is. Ek het begin draf so 3 keer per week en ek draf 2 km op 'n keer. Ek volg nie 'n spesifieke dieet nie, maar eet geen suiker, koek, lekkers ens. nie. Eet net 3 maaltye soos 'n bakkie graankos met lae vet melk, yoghurt deur die dag, middagete net 'n toebroodtjie en aandete 'n stukkie vis, hoender en 2 porsies groente. Ek sla ook so 2 vrugte deur die dag eet. Die eerste oggend na ek begin draf het was al my spiere seer, maar dit gaan beter en ek draf ook gemakliker. My vraag is - sal ek gewig verloor want die oomblik as ek 'n spesifieke dieet volg dan verloor ek belangstelling en kry ek dit nie reg om daarby te hou nie. Nou eet ek soos ek wil en ek is baie meer gemotiveerd. Ek het 84.5 kg geweeg en het reeds 5 verloor, maar ek verloor niks meer as 500 g per week al draf ek. Ek is bang ek raak moedeloos.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Gemotiveerd
Jou huidige BMI = 29,5 wat nog in die oorgewig klas val. Om weer 'n normale BMI van 25 te bereik, sal jy wel daardie 13 kg moet afskud. Die dieet wat jy beskryf klink redelik vir my, maar dis baie belangrik dat jy nog ten minste 2 koppies vetvrye melk of jogurt by die dieet voeg om te verseker dat jy 1000 mg kalsium per dag inneem. Die feit dat jy 500 g of te wel 0,5 kg per week verloor, dui aan dat jy wel gewig verloor en dat jy op die regte spoor is. Moenie nou moed verloor nie. Stadige gewigsverlies teen 0,5 kg per week, is baie gesonder en sorg ook dat dit permanent gaan wees. Met kitsdiëte waar jy vinnig verloor, sal jy weer net so vinnig die gewig weer optel. Wees dus nou geduldig - jy het tog immers nie die gewig in 'n kort tyd opgetel nie - gee jou liggaam kans om sy werk te doen en jy sal dit gewig verloor. Soos jy fikser word, kan jy vinniger en verder draf, wat ook sal help.
Hou moed
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement