advertisement
Question
Posted by: S.M. | 2011/08/15

Dooie gevoel...

Goeie more dokter

Lang storie in " kort...?" 

Wel gerook 3jaar laas. Is 51 jaar oud. Vyf aar omleiding 2 jaar terug gehad. Geen probleme. Angiogram - wys are is goed. EKG twee maande terug weer gehad - geen fout.

Stres het my goed opgemors... Nogsteeds ''n worsteling daarmee. Ongelukkig...

Die afgelope paar jaar (Meer as drie jaar) raak my gesig " dood"  - so voel dit net. Die regterkant voorkop-oog en wang area. Wanneer ek nie stres nie verdwyn dit eenvoudig. Party dae voel my slape asof dit in ''n spasma gaan - baie onaangenaam... Ek voel baie keer heeltemal van balans af.

Kry sulke skerp tog baie kort " skiet-pyn"  pulse in my linkerkant van my nek - van tyd tot tyd. My geheue is ook werklik swak by tye (Kort termyn)

Iemand het voorgestel dat ek karotis - sonar moet aanvra...

Kolesterol is 4.33... Gebruik tans slegs ''n beta-bblokker en bloedverdunner.

Baie dankie byvoorbaat - waardeer dit opreg!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy 'n psigiater konsulteer vir stres hantering terapie en medikasie om die spanning beter te kan hanteer. Dit klink asof dit die oorsaak van jou simptome is. Ek stel egter ook voor dat jy 'n fisioterapeut vir die behandeling van nekspierspasma konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: S.M. | 2011/08/15

Geagte Dr. Anrich

Ek bedank u uit my hart vir u tyd en raad. Waardeer dit werklik opreg.

Wens u en u medewerkers net die beste toe.

Nogmaals, baie, baie dankie.

S. M.

Reply to S.M.
Posted by: SM | 2011/08/15

O-ja, nog ''n ding dokter... Baie dae staan ek lank - my enkels swel baie op... Waneer ek stap vir oefening - 3-9km op ''n slag swel my hande ook op van die loop-swaaibewegings. Laastes - kry baie keer so tintelinde gevoel in my hande - asof hulle slaap...

Sjoe - klink erg maar is nie sieklik nie...  -)

Nogmaals my opregte dank en waardering.

Vriendelike Groete

S..

Reply to SM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement