Our expert says:
CyberDoc
Hi Betty
soms moet mens die Cipralex se dosis vir 'n dag of wat verhoog om net deur die dip te kom. Ek dink ek weet hoe jy voel, maar ons het so 3 & 1/2 jaar gelede 'n boetie verloor omdat hy ook gevoel het hy is beter af dood, en die skade wat so iets in 'n familie doen, kan ek nie vir jou beskryf nie - mense se lewens verander onherroeplik, verhoudings word benadeel, en die hartseer hou nooit op nie. Dit kring baie verder uit as net jou onmiddelike gesin en is eenvoudig net nie die moeite werd nie. Niks is onhanteerbaar op die ou end nie. "So what" as mens swakhede het en met goeters soos eating disorders sukkel - niemand is perfek nie! Wat belangrik is, is dat mens daaraan werk. More skyn die son weer, en het jy deur hierdie ervaring iets geleer wat dalk eendag vir iemand anders goud werd gaan wees.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.