advertisement
Question
Posted by: Liza | 2007/04/13

Donker sjokonale en ondergewig

Kan iemand wat ondergewig is met hoe cholesterol baie donkersjikolade eet op n dag, bv n slab??

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liza
Ten spyte van die feit dat jy ondergewig is en blykbaar wil gewig optel, moet jy dit nie ten nadele van jou cholesterolvlakke doen nie. Volgens etikette in my besit, bevat 'n tipiese melksjokolade gemaak met 34% kakao, 30g vet per 100g en donker sjokolade met ewe veel kakao, bevat dieselfde hoeveelheid vet. Aangesien 100g van hierdie sjokolade 2184 kJ tot jou energie-inname sal bydra, sal dit wel help met gewigstoename, maar enige persoon met hoë cholesterolvlakke behoort nie produkte met so 'n hoë vetinhoud te eet nie. Jy kan wel af en toe een of twee blokkies van hierdie soort sjokolade eet. Kliek intussen op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as medicine' en 'Healthy heart' en lees die artikels oor cholesterol. Kliek ook op 'Diet Basics' en 'Weight Gaining' om te lees oor gesonde maniere om gewig op te tel.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement